Wys tans plasings met die etiket Ongehoorsaamheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Ongehoorsaamheid. Wys alle plasings

Vrydag 06 November 2020

Die afgode in ons harte

Kyk, hulle gaan kerk toe, geklee in kettings van onheil...soos dwase maagde praat hulle, maar God ondersoek hulle harte... en dan lees ons: “Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. Toe het die Woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode (let op) in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit – sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

            “Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die Huis(Volk) van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom – Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee; sodat Ek die Huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.

“Daarom, sê aan die Huis(Volk) van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels.

“Want elke man uit die Huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg – hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.

“Ek sal my aangesig rig teen dié man en hom tot 'n teken en 'n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE “ Eseg 14:1-23

‘n Man vertel: “Toe stap die Engel langs my op die sypaadjie en sê duidelik: As die stok nie vrug dra nie, word hy uitgekap en in die vuur gegooi.”Die man was  ‘n goeie Christen, maar daar was drekgode in sy hart. Tien jaar lank skuil hy agter sy  drekgode. Hy regverdig homself.

            By die skokkende besef dat God hom ingehaal het, is hy so skaam en verpletter dat hy selfmoord wou pleeg. Toe keer die Engel hom. Dit was ‘n nag van hoogdrama...soos deur ‘n vallei van doodskaduwee.

            En jy, jy is ook ‘n Christen. Jy vertoon goed, byna heilig, maar in jou hart, waar niemand dit kan sien nie, dra jy drekgode (afgode) saam. Jy doen baie sondige en verkeerde goed, maar Sondag sit jy in die kerk... en jy en ander dink jy is wys, terwyl jy ‘n hopelose dwaas is.

            "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle (let op) jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer, dit is julle redelike godsdiens.” Dit beteken, sonder rook, sonder drank, sonder los vroue. Met watter drekgode verkrag jy jou liggam?

“(let weer op) En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word (let op) verander deur die vernuwing van julle gemoed (hoekom?), sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Rom 12:1-2. Jy wys na die splinter in ‘n ander se oog, maar jy sit met ‘n balk in jou gedagtes. 

“Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die Hemel, waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.” Kol 1:22-23

Daar is hoop: “En jy, wat vroeër deur goddelose werke vervreemd was en vyande (waar?) in jou gemoed was, maar nou het Hy in die liggaam van sy vlees deur die dood versoen om jou heilig en onberispelik en bo die smaad voor Hom te stel.”

            En verder: “Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

“En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat (let  op) uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.” Rom 6:12-13

Ons het van vyande van God oorgegaan na heilige, onberispelike en boonste smaad in sy oë weens die lyding, dood en opstanding van Jesus. Hy het ons met die Vader versoen en ons deur ons sondes nie meer van Hom vervreem nie.

Paulus koppel ons gedagtes en dade as vervreemde vyande wanneer hy die verstand met goddelose werke verbind. Dit herinner ons weer daaraan dat berou nie net 'n gedagteverandering is nie, maar 'n gedragsverandering wat ooreenstem met die verandering van denke.

Paulus skryf dieselfde aan die Romeine in hoofstuk 12 waar hy 'die broeders smeek' (smekinge beteken 'om ernstig te smeek of te pleit') dat hulle liggame as 'lewende offers' behandel word en dat hulle gedagtes verander en opgeknap (vernuwe) word. Dit is hierdie denkverandering en die proses van heiligmaking van hulle liggame wat hulle 'n lewende bewys maak van die goeie en aanvaarbare en volmaakte wil van God. Paulus voeg dit toe by die versoening met God: 1 Kor 2: 13-16

Hierdie dinge spreek ons ook, nie in woorde wat die mens se wysheid leer nie, maar wat die Heilige Gees leer, terwyl ons geestelike dinge vergelyk met geestelike. Maar die natuurlike mens ontvang nie die dinge van die Gees van God nie, want dit is vir hom dwaasheid; Hy kan hulle ook nie ken nie, omdat hulle geestelik onderskei word. Maar hy wat geestelik is, oordeel alles, maar self word hy tereg deur niemand geoordeel nie. Want “wie het die gedagtes van die HERE geken om Hom te onderrig?” Maar ons het die gedagtes van Christus.

Wat 'n wonderlike ding om by te voeg dat ons met God versoen is, geestelike begrip, omdat ons die gedagtes van Christus het! Deur hierdie wonderlike waarhede bymekaar te sit, word ons vertel dat die gedagte van Christus tot die nie-ooreenstemming met die wêreld sal lei. Die woord 'gelykvormig' wat Paulus in Rom 12 gebruik, beteken 'om dieselfde te vorm of om 'n mens se gedagtes en karakter te vorm.'

Dit beteken dat as ons die denke van Christus het, ons denke en optrede in stryd is met dié van die wêreld. Dit herinner ons daaraan dat ons, as ons met God versoen is, heilig, onberispelik en bo die smaad voor Hom was, ons vyande in die oë van die wêreld gaan maak.

            “As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. Joh 15:17

Moenie die wêreld of die dinge in die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees, die begeerlikheid van die oë en die trotsheid van die lewe - is nie van die Vader nie, maar van die wêreld. En die wêreld gaan verby en die begeerte daarvan; maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Jesus het vir sy dissipels gesê dat hulle nie van hierdie wêreld was nie en dat hulle daarom deur die wêreld gehaat word. Later het Johannes bygevoeg dat die liefde vir die wêreld nie ooreenstem met die liefde van God nie, want die wêreld is gevul met wellus en trots. Fil 3:20

Die Bybel voorspel ook 'n paradigmaskuif in die laaste dae, beide op kulturele en  geestelike gebied: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae gevaarlike tye sal aanbreek: want mans sal liefhebbers van hulleself wees, liefhebbers van geld, grootpraters, trots, godslasteraars, ongehoorsaam aan ouers, ondankbaar, onheilig, liefdeloos, onvergewensgesind, lasteraars, sonder selfbeheersing , brutaal, veragtelikes van goed, verraaiers, eiesinnig, hoogmoedig, liefhebbers van plesier eerder as liefhebbers van God.” 2 Tim 3: 1-5

            “Want daar sal 'n tyd kom dat hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar volgens hulle eie begeertes, omdat hulle jeukerige ore het, sal hulle vir hulleself leraars ophoop; en hulle sal hul ore van die waarheid afwend en na fabels afwyk.”

Dit is dinge waaraan ons nie moet voldoen nie. Ons laat nie toe dat die wêreld definieer nie.

“As die wêreld jou haat, weet jy dat hy My gehaat het voordat hy jou gehaat het. “ Joh 15:18

Om te dink aan die dae waarin ons nou leef, waar 'n pandemie gelei het tot 'n soort wêreldwye eenheid met 'n enkele entiteit wat basies aan die wêreld voorskryf wat ons almal moet doen, nie met die stroom gaan nie of om in teenstelling te staan met wat die wêreld as moreel aanvaarbaar beskou, maak dit dat ons meer en meer gehaat word.” Joh 15:18

Maar onthou dit: “Geseënd is jy as hulle jou beledig en vervolg en ter wille van My valslik allerhande kwaad teen jou sê. Wees bly en wees baie bly, want jou loon in die Hemel is groot, want so het hulle die profete vervolg wat voor jou was.” Matt 5: 11-12

Jy aanbid nie openlik, vir almal om te sien, afgode nie. Die HERE waarsku oor die afgode in jou hart... ‘Die aantreklike vrou by jou werk, die leuenaar of die leuen wat jy beskerm, jou negatiewe gedagtes, jou skelmstukke, jou selfgeskepte godsdiens, selfopgevatte idees oor velerlei sake. 

Gaan aandagtig deur die hele Ps 18. – Wekroep 

Sondag 02 Augustus 2020

Die ellende van Ongehoorsaamheid

Daar is twee skepe in ’n krisis op die stormsee. Op die een is net een man reg en die res verkeerd. Op die ander is net een man verkeerd en die res van die bemanning reg.

            Wie was dan nou reg en wie verkeerd? Vir die kinders van die HERE gaan dit nooit oor die meerderheidstem nie. Dit gaan elke keer oor die Heilige Gees.

            Op die een skip is een man, Jesus Christus, reg en die meerderheid op die skip verkeerd, almal vasgevang in ongeloof.

            Op die ander skip is een man, Jona, verkeerd, en die meerderheid oortuig van die onheil op die skip.

            In die geloofslewe werk ons nie op die meerderheidstem nie.

            In die eerste plek gee Jesus Christus in Mark 4:35 opdrag: “Laat ons oorvaar na die anderkant.”

            Die opdrag was binne almal se vermoë. Dis ‘n eenvoudige en bekende opdrag: “Laat ons oorvaar na die anderkant.”

            En toe is daar die geweldige stormwind wat die See van Galilea in brutale verraderlikheid omskep het.

            Jesus Christus het rustig gelê en slaap. Geen storm kon hom ontstel nie, nie eers die latere lewenstorm van die Lydingsweg en Golgota nie.

            Vrees pak die dissipels aan boord.

            Hulle het Jesus Christus teen daardie tyd baie goed geken. Ten minste een van hulle moes die res tot bedaring gebring het en gesê het: “Moenie vrees nie, Hy is met ons. Hy het gesê ons gaan oorkant toe en as Hy so iets sê dan word dit vervul. Wees kalm, ons sal wel oorkant aankom.”

            Maar daar was nie so iemand nie.

            Vreesbevange het hulle Jesus Christus wakker gemaak en vir Hom gesê: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

            Strofé 39: En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Swyg, wees stil!” en daar het ‘n groot stilte gekom.

            Net so eenvoudig soos die opdrag om oorkant toe te vaar, net so eenvoudig was die opdrag aan die storm: “Swyg, wees stil!”

            Ons sing: “As die lewenstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig, vrees om te vergaan – tel jou seëninge een vir een, en jy sal verbaas wees oor wat GOD verleen.

            “As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn, as die kruis te swaar word en jou krag te klein – tel jou seëninge, dan vlug twyfel heen, en jy sien GOD’s goedheid laat jou nooit alleen.

            “As jy let op ander met hul goud en eer, dink dan GOD beloof jou nog oneindig meer; tel jou seëninge, weet dat prag en praal, nooit die minste van die Hemel kan behaal.

            “Laat dan al die stryd, die kruis, die bange nood, jou tog nie ontmoedig, GOD’s trou is so groot; tel jou seëninge; Engele staan jou by, bied jou hulp en leiding na die ander sy.”

            Ons sing dit, ons glo dit, ons weet dit, maar telkens wanneer ‘n lewenstorm ons tref, pak die vrees ons.

            Dan sê Jesus Christus aan ons, soos wat Hy aan die dissipels gesê het: “Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie.”

            Geloof is ‘n gawe wat jy by die Wedergeboorte ontvang het. Deur die Woord in jou hart te bêre en as lamp vir jou voet te gebruik, bou jy jou geloof uit soos ‘n gewigopteller sy spiere.

            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Heb. 12:12-13.

            Die ander skip op die stormsee, vertel sy eie verhaal.

            Jona, nogal ‘n profeet, was deur die Vader ‘n opdrag gegee was, maar besluit toe hy sal nie die Vader se opdrag uitvoer nie.

            Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van dié verhaal.

            Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het ‘n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie aan die ganse mensdom moet verkondig.

Ook ons moet “oorkant toe vaar.” Ons mense moet waarsku dat as hulle, hulle nie gaan bekeer en GOD dien nie,  GOD sy oordele oor hulle sal laat kom.

            Jona se opdrag was: “Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé, en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.”

            Daar is drie werkwoorde in die opdrag:

 

·       Maak jou klaar – dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.

·       Gaan – dit beteken, daar is ‘n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.

·       Spreek – wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees.

 

Die woord “maar” is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, Strofe 3 begin met “Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan…

En verderaan verskyn die woord “maar” weer ‘n keer: Maar die Vader het ‘n sterk wind…

Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons ‘n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé… en verder:  En die manne van Ninevé het geglo…

Met ander woorde, toe Jona “maar” gesê het, het die Vader ook sy eie “maar” gereed gehad. Toe Jona egter “ja” sê, was die Vader gereed met Sy eie “ja” en toe stroom die seëninge in.

Die derde strofe van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van GOD se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.

Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord  “af”. Jona het “afgegaan” na Jafo en in ‘n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip “afgeklim”.

Hy is daarna oorboord, afgegooi, in die see.

Om af te gaan, na benede te gaan, en selfs onder te gaan, is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die Here GOD af wegvlug.

Hierdie afganery is ‘n reël waarvolgens GOD in gevalle van ongehoorsaamheid optree.

Nog ‘n reël oor die voorsienigheid van GOD vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal.

Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord afgegooi. Hy is nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.

Hier sien ons ‘n groot beginsel in werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van GOD af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekeninge self, soms ten duurste.

Maar wanneer mens GOD se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die Here GOD betaal die rekeninge.

Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: “GOD puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you!”

Jona is beslis ‘n illustrasie van Mumford se woorde.

Onthou jy die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.

Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam sê: “Ek sal jou loon betaal”.

Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou hê en GOD het boonop die loon, die koste, die rekening, om die kindjie Moses groot te maak, betaal!

Maar Jona was op pad weg van GOD af, buite GOD se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal

As mens dus van GOD af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.

As die pad wat jy bewandel egter GOD se pad is, dan het jy boonop ‘n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en GOD sal die kostes betaal.

Dit is die les wat GOD aan Jona begin leer het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. GOD het op ‘n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.

Laat ons almal maar die les hieruit leer: GOD sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam, of soos in die geval van die ander skip “ongelowig”.

Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongeloof  en ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van seëninge weens ons geloof en gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.

Wanneer GOD praat moet ons luister. Selfs Saulus moes op ‘n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie. 

As GOD verlang dat ons ‘n besondere taak moet verrig, dan het ons nie ‘n keuse nie.

So is die opdrag aan al die kinders van GOD om die Koninkryk van GOD reg oor die wêreld te verkondig, siele in te bring, hulle te doop en hulle te onderrig in die Woord.

Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag  uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en ‘n onsekere bestaan voer.

Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.

Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.

Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof  van seëninge.

Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar op ‘n manier voorsiening gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie – diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!

Besluit nou self: Gaan jy die opdrag van die HERE uitvoer, of gaan jy spreekwoordelik in ‘n groot vis se ingewande of in ‘n stormsee van die lewe beland? Die vraag is so eenvoudig soos die opdrag. —  Wekroep

Dinsdag 28 Mei 2019

Hoe loop jou pad?



HOE tree die Vader op, wanneer ons bepaal, dat ons nie gaan doen wat Hy wil hê ons moet doen nie?

            Die antwoord hierop word vervat in ‘n besondere verhaal in die Ou Testament, die verhaal van Jona, die profeet, wat deur die Vader ‘n opdrag gegee was, maar besluit het dat hy nie die Vader se opdrag gaan uitvoer nie.

            Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van die verhaal.

            Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het ‘n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie aan die ganse mensdom moet verkondig.  Dat ons mense moet waarsku dat as hulle, hulle nie gaan bekeer en God dien nie, God sy oordele oor hulle sal laat kom.

            Jona se opdrag was: Maak jou klaar, gaan na die groot stad Nineve, en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.”

            Daar is drie werkwoorde in die opdrag:

·       Maak jou klaar – dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.

·       Gaan – dit beteken, daar is ‘n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.

·       Spreek – wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees.



Die woord “maar” is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, strofe 3 begin met “Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan…

En verderaan verskyn die woord “maar” weer ‘n keer: Maar die Vader het ‘n sterk wind…

Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons ‘n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Nineve… en verder:  En die manne van Nineve het geglo…

Met ander woorde, toe Jona “maar” gesê het, het die Vader ook sy eie “maar” gereed gehad. Toe Jona egter “ja” sê, was die Vader gereed met Sy eie “ja” en toe stroom die seëninge.

Die derde strofe van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van God se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.

Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord  “af”. Jona het “afgegaan” na Jafo en in ‘n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip “afgeklim”.

Hy is daarna oorboord, afgegooi, in die see.

Om af te gaan, na benede te gaan en selfs onder te gaan is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die Here God af wegvlug.

Hierdie afganery is ‘n reël waarvolgens God in gevalle van ongehoorsaamheid optree.

Nog ‘n reël oor die voorsienigheid van God vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal.

Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord gegooi. Hy is nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.

Hier sien ons ‘n groot beginsel in werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van God af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self, soms ten duurste.

Maar wanneer mens God se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die Here God betaal die rekeninge.

Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: “God puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you!”

Jona is beslis ‘n illustrasie van Mumford se woorde.

Onthou jy die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.

Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam sê: “Ek sal jou loon betaal nie.”

Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou hê en God het boonop die loon, die koste, die rekening, om die kindjie Moses groot te maak, betaal!

Maar Jona was op pad weg van God af, buite God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal

As mens dus van God af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.

As die pad wat jy bewandel egter God se pad is, dan het jy boonop ‘n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en God sal die kostes betaal.

Dit is die les wat God aan Jona begin leer het toe Jona aan boord van die skip gegaan het. God het op ‘n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.

Laat ons almal maar die les hieruit leer: God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam. Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van seëninge weens ons gehoorsaamheid.

Maar optree, gaan Hy optree! Vir seker!

Wanneer God praat moet ons luister. Selfs Saulus moes op ‘n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie.

As God verlang dat ons ‘n besondere taak moet verrig, dan het ons nie ‘n keuse nie.

So is die opdrag aan al die kinders van God om die Evangelie van Jesus Christus reg oor die wêreld uit dra, siele in te bring, hulle te doop, hulle te onderrig in die Woord.

Dit beteken nie ons moet almal sendelinge of predikante word nie, nee, sekerlik nie. Dit word van ons verwag om daar in ons werkplek, in die kringe waarin ons daagliks beweeg, Jesus Christus uit te dra, al doen ons dit net deur ons handelswyse.

Sjibbolet voer hierdie opdrag uit. Ons waarsku Suid-Afrikaners oor hulle boosheid.  Ons bring die vrymakende Evangelie van Jesus Christus aan almal.  Maar dit is nie genoeg nie, jy moet ook betrokke raak.

Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag  uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en ‘n onsekere bestaan voer.

Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.

Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely. Bely beteken in word en of daad.

Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die gevolg dat ons onsself beroof  van seëninge.

Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar op ‘n manier voorsiening gemaak is word die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie – diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!

Nou moet jy self besluit waarheen jy op pad is! —  Wekroep