Vrydag 28 Junie 2019

Die ware Hartoorplanting



Toe wyle Prof Chris Barnard die eerste hart oorgeplant het, het dit die hele wêreld aangegryp. Vir maande en langer was dit al waaroor almal in die wêreld kon praat.

            Skrywer was self ‘n daardie tyd ‘n hartpasiënt daar. Ek het alles eerstehands beleef.

            Barnard en sy span kon ’n mens vanaf die rand van ‘n besliste dood red deur vir hom of haar ‘n nuwe hart oor te plant.

            Lank voor hierdie geskiedkundige en opspraakwekkende gebeurtenis, bied God Jahweh aan die mens die geleentheid om ‘n nuwe hart gratis te bekom…. Gratis, want die koste is reeds betaal.

            Die Messias sterf aan die Kruis op Golgota, word begrawe en staan drie dae later op… God se mees dramatiese reddingsplan om die menslike ras teen homself te beskerm.

            In 2019 het die mensdom al vergeet van Chris Barnard en sy baanbrekerswerk… alhoewel dit nog daagliks in Groote Schuur Hospitaal gedoen word.

            Die verhaal van Golgota bly vir altyd nuut. Die mensdom kan steeds gered word, maar verkies om sy eie heil uit te werk…. Die Eindtyd Tekens ten spyt.

            Barnard se oorplantings het verlenging van lewe beteken, maar kon nie die Ewige Lewe bied nie.

            As die Messias nie uit die dood opgestaan het nie, had die bloedbevlekte Kruis geen betekenis nie.

            Geen poging van die mensdom om homself te red sal slaag nie. Met die eerste landing op die Maan, was geglo die mensdom het die wêreld oorwin.

            Hulle wil steeds nie aanvaar dat die HERE God Jahweh  die ganse wêreld in die holte van Sy hand vashou nie.

            Wat gebeur wanneer jy Wedergebore word:

1.         Dan is ek ‘n Nuwe Skepsel.

“As iemand in Christus is, is hy ‘n NUWE SKEPSEL….  Ou dinge het verby gegaan….  Het alles NUUT GEWORD.” –  (1Kor. 5:17).



2.         Dan het ek die Ewige Lewe.

“Hy wat in die Seun glo, het die EWIGE LEWE….” – (Joh.  3:36;  6:47;  1 Joh. 5:12)



3.         Dan het ek Sekerheid van my Verlossing en my Ewige Behoud.

“Die GEES self GETUIG saam met ons gees dat ONS KINDERS VAN GOD IS.” – (Rom. 8:8).

“Ek gee hulle die Ewige Lewe en hulle sal NOOIT VERLORE GAAN  tot in Ewigheid nie….” – (Joh. 10:29; Filip. 1:6; Joh. 5:10-13;  Jes. 43:1 – 8.



4.         Dan moet my Geestelike Lewe Altyddeur groei.

“Julle moet TOENEEM in die GENADE en KENNIS van onse Here ….” – (11 Pet. 3:18).

“Word met die GEES VERVUL.” – (Efes. 5: 18b).

“Jaag die HEILIGMAKING na….” (Heb. 12: 14;  1 Pet. 1:15-16.

            Hiervoor is GEREELDE GEMEENSKAP met die HEILIGES, DAAGLIKSE BYBELSTUDIE en INNIGE GEBEDSGEMEENSKAP MET GOD,

onontbeerlik.



5.         Dan moet ek God en my Naaste Dien.



Deur my GEDRAG -- (1Kor. 6: 19,20;  Filip. 2:15).

Deur my gawes – (1Pet. 4: 10; Tit. 2:14;  Tit. 3: 8; Efes. 2: 10; Jak. 2:20).

Deur my GETUIENIS –  (Hand. 2: 4, 11; Eseg. 3: 17,18).

Want ek is gered om VRUG TE DRA (Joh. 15:  16) om te VERKONDIG  (1 Pet. 2: 9), om TE GETUIG (Hand. 1: 8).



6.         Dan moet ek My Ganse Lewe God Verheerlik.

(1 Kor. 6: 20; 1 Kor. 10: 31 ; Kol. 3: 23).

            Terwyl almal holderstebolder rondbeweeg op soek na oplossings en uitkoms, sal die Messias binnekort Sy belofte gestand doen en op die wolke verskyn om sy Bruid te kom haal. Die Basuin sal die Einde aankondig. Dan is dit vir Ewig te laat.       

            "Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op My heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE YAHWEH kom, want Hy is naby." Joël 2:1 – Wekroep