Woensdag 04 Maart 2015

Herders kry nie lammers nie...


Image result for herder en lammers


Herders kry nie lammers nie, skape kry lammers. Die herder se taak is om na die skape om te sien en hulle te voed sodat hulle kan lam... twee-, drie- en selfs vierlinge...
           Hoe tree die Vader op, wanneer ons bepaal, dat ons nie gaan doen wat Hy sê ons moet doen nie?
            Die antwoord hierop word vervat in n besondere verhaal in die Ou Testament, die verhaal van Jona, die profeet, wat deur die Vader n opdrag gegee was, maar besluit het dat hy nie die Vader se opdrag gaan uitvoer nie.
            Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van die verhaal.
            Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie aan die ganse mensdom moet verkondig. Dat ons mense moet waarsku dat as hulle, hulle nie gaan bekeer en God dien nie, God sy oordele oor hulle sal laat kom.
            Jona se opdrag was: Maak jou klaar, gaan na die groot stad Nineve en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.
            Daar is drie werkwoorde in die opdrag:

        Maak jou klaar dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.
        Gaan,  dit beteken, daar is n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.
        Spreek,  wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees.

Die woord “maar” is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, strofe 3 begin met “Maar” Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan
En verderaan verskyn die woord maar weer n keer: “Maar” die Vader het n sterk wind
Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Nineve verder: En die manne van Nineve geglo.
Met ander woorde, toe Jona “maar” gesê het, het die Vader ook sy eie “maar” gereed gehad. Toe Jona egter “ja” sê was die Vader gereed met Sy eie “ja” en toe stroom die seëninge.
Die derde strofe van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van God se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.
Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord “af”. Jona het “afgegaan: na Jafo en in n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip “afgeklim”.
Hy is daarna oorboord, bam die skip “afgegooi”, in die see.
Om “af: te gaan, na benede te gaan en selfs onder te gaan is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die Here God af wegvlug.
Hierdie “afganery” is n reël waarvolgens God in gevalle van ongehoorsaamheid optree.
Nog n reël oor die voorsienigheid van God vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal.
Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord gegooi. Hy is nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.
Hier sien ons n groot beginsel in werking: Wanneer mens van God af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self, soms ten duurste.
Maar wanneer mens God se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die Here God betaal die rekeninge.
Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: God puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before youre fixed, He has to fix another fix to fix you!
Jona is beslis ‘n illustrasie van Mumford se woorde. En jy?
Onthou jy die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.
Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam sê “ek sal jou loon betaal nie.”
Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou hê en God het boonop die loon, die koste, die rekening, om die kindjie Moses groot te maak, betaal!
Maar Jona was op pad weg van God af, buite God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal
As mens dus van God af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.
As die pad wat jy bewandel egter God se pad is, dan het jy boonop ‘n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en God sal die kostes betaal.
Dit is die les wat God aan Jona begin leer het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. God het op n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.
Laat ons almal maar die les hieruit leer: God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam. Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van seëninge weens ons gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.
Wanneer God praat moet ons luister. Selfs Saulus moes op n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie.
As God verlang dat ons n besondere taak moet verrig, dan het ons nie n keuse nie.
So is die opdrag aan al die kinders van God om die Evangelie van Jesus Christus reg oor die w�eld uit dra, siele in te bring, hulle te doop, hulle te onderrig in die Woord.
Sjibbolet voer hierdie opdrag uit. Ons waarsku Suid-Afrikaners oor hulle boosheid. Ons bring die vrymakende Evangelie van Jesus Christus aan almal. Maar dit is nie genoeg nie, jy moet ook betrokke raak.
Meeste lidmate gooi die net aan die verkeerde kant van die skuit uit en vang niks. Hulle verwag die herder moet die lammers kry. Maar die opdrag is: Vaar uit na die diep kant toe en gooi die net aan die anderkant van die skuit uit!
Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en n onsekere bestaan voer.
Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.
Jesus sê self: “As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.”
Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof van seëninge.
Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar op n manier voorsiening gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie...  diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!
Nou moet jy self besluit waarheen jy oppad is!
Jy mag vryelik van hierdie boodskappe gebruik maak om ander op te help, te onderskraag, te bemoedig. Doen dit! – Sjibbolet