Wys tans plasings met die etiket verhoudings. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verhoudings. Wys alle plasings

Maandag 29 Augustus 2016

Verhoudings

Image result for relationships

Een van die belangrikste kwessies oor enige verhouding is om die persoon te ken en te verstaan met wie jy ‘n verhouding gaan hê, en dit is ook van toepassing op God.
          Mens het nodig om God se basiese natuur en karakter te verstaan sodat  mens ‘n gesonde verhouding met Hom kan hê.
          Die misverstaan van Sy natuur en karakter is een van die redes hoekom mense nie ‘n gesonde verhouding met God het nie. Dit is presies wat in die Tuin van Eden gebeur het toe Adam en Eva deur die satan versoek is.
          Hulle het in versoeking verval, en uiteindelik ongehoorsaam teenoor God gewees en die hele menslike ras in die sonde gedompel. Hulle gebrek aan kennis van God se natuur was eintlik deel van hul versoeking.
          Die verhaal in Gen 3:1-5 is by meeste mense bekend: “Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”
          Daar is ‘n subtiele verklaring hier deur die satan dat God eintlik nie ‘n goeie God is nie, dat hy probeer het om iets van Adam en Eva te weerhou, dat Hy hulle nie wou toelaat om hul volle potensiaal te bereik nie, dat Hy nie wou hê dat hulle soos God moet word nie, en dat dit die rede is waarom God die reël neergelê het van die boom van die Lewe, van Goed en Kwaad sodat dit hulle nie moes hinder of seermaak nie.
          Dit is presies wat vandag met mense gebeur. Satan sê aan mense dat as hulle God volg en nie eksperimenteer met al die dinge wat in teenstelling met die Woord is, sal hulle nooit ware geluk smaak nie.
          Die lewe sal eentonig en dood wees. Die treurige feit is dat mense allerlei ondervindinge soos dwelms, alkohol, seks, rebellie, toegee aan die eie ek, sukses in werk, en vele ander dinge, en teen die tyd dat hulle agterkom dat hulle nie die verwagte satisfaksie geniet nie, het hulle reeds hul lewens, familie en gesondheid vernietig.
          Die waarheid is dat God is ‘n goeie God en Sy wil vir ons is net goed. Maar satan gebruik vandag dieselfde versoekinge as destyds in die Tuin van Eden, en gee basies voor dat God nie goed is nie.
          Diegene wat net ‘n bietjie van die Bybel verstaan kan daardie indrukke kry want daar is plekke in die Woord waar God mense op wrede maniere behandel het. In Num 15:32-36 het ‘n man hout op die Sabbat opgetel en is met klippe doodgegooi omdat hy nie die Sabbat gehou het nie.
          Dit klink erg, maar daar was ‘n doel betrokke by sulke straf, alhoewel dit nie vir meeste mense duidelik is wat die Bybel net nou en dan lees nie.
          ‘n Studie van die Ou Testamentiese Wet was om mense se sonde nog te meer sonde te maak, soos wat Paulus sê in Rom. 7:13. Die doel was dat mense moes besef hoe dodelik hul oortredinge was en dat dit ‘n oortreding teen God was.
          Hulle het die fout gemaak om onder mekaar hul aksies te meet aan wat ander mense besig was om te doen.
          As iemand ‘n sonde gedoen het en nie dood neergeslaan het nie, dat het hulle gedink sonde is nie so sleg nie en het hulle hul standaarde verlaag.
          Hulle het die ware perspektief verloor oor wat reg en verkeerd was, en kon dus nie die satan en sy versoekinge weerstaan nie en dus nie raaksien wat die eindresultaat van verkeerde besluite sou wees nie. Daarin, dat God dit gedoen het, moes hy die Wet toepas.
          God het nie die Ou Testament gebooie gegee vir die doel om te sê “totdat jy al hierdie doen, kan ek jou nie aanvaar of vir jou lief wees nie.”
Dit is nie Sy natuur of karakter nie. Hy het egter dit so ingestel om ons begrip van verkeerd en reg, meer akuut te maak en ons terug te bring by die punt dat ons ‘n redder nodig het.
          Die probleem was dat mense gedink het God verwag perfeksie voordat Hy hulle lief sou hê wat gelei het tot die houding van baie dat Sy liefde vir mense direk proporsioneel gekoppel is aan hul prestasie.
          Hulle voel dat tensy hulle iets presies korrek doen, hulle nie deur God aanvaar sal word nie, maar dit is nie die boodskap van die Bybel nie.
          God se hart is om mense met hom te versoen, nie om hulle te oordeel nie... nie om hul sondes teen hulle te hou nie. Dit is die hart van God vir mense in die Bybel en ook Sy hart vir jou vandag.
          Jy het nodig om Sy ware hart te verstaan, dat God liefde is. 1 Joh 4:8. Hy verlang om jou sondes weg te neem en ook enigiets wat jou skei van Hom. Hy het dit reeds gedoen deur Jesus en bied aan jou ‘n verhouding vandag, nie gebaseer op jou prestasie nie, maar op jou geloof en jou aanvaarding dat Jesus jou sondes weggeneem het.
          Jy kan ‘n verhouding met God vandag reeds hê ongeag al die mislukkings in jou lewe. Al wat Hy vra is dat jy jou vertroue in die HERE Jesus stel. – Sjibbolet