Wys tans plasings met die etiket twist. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket twist. Wys alle plasings

Donderdag 23 Julie 2020

Net die reine waarheid waarborg die Ewige Lewe

Die mense huil en kerm oor die plaasmoorde en die wreedheid daarvan, maar hulle sien nie dat hulle met mekaar net so wreed is nie... families baklei teen mekaar en onder mekaar, pa en dogter, seun en moeder, familie beskinder mekaar, vertel ‘n Christelike berader, en voeg by: “Mense het geen liefde en vrede nie.”

Die emosionele wreedheid wat onder familie en vriende is, is wreder as die geweld en wreedheid wat op fisiese vlak gebeur. Ons vermoor mekaar op geestelike emosionele vlak.

            Dis veral tydens berading dat die toestand in die huise en in die familielewens aan die lig kom. Ons mense is stukkend.

            Om skielik plaasmoorde op die voorgrond te stoot, is in baie gevalle net ‘n skans, ‘n nuwe weerligafleier van wat in ons eie persoonlike lewens en ons huise en onder ons familielewens aan die gang is.

            Die huisaltare is flenters. Drank en pille het die liefde vervang.   Daar heers geveinsdheid, afguns en nyd onder die mense, jaloesie en haat, geen respek vir ouers nie, en ouers leer hulle kinders geen selfrespek nie.

Ouers is patetiese rolmodelle. Pornografie word nie net deur kinders gebruik nie, maar aan kinders blootgestel deur die ouers self! Die Bybel vergader stof terwyl pornografie voorrand geniet. Mense regverdig hulle optrede deur vinger te wys na die ander party en nie na hulleself ook te kyk nie.

            So is daar mense wat die koms van Jesus aanroep maar hulle is nie gereed vir sy Koms nie, hulle dink hulle is gereed maar hulle skiet ver te kort. Hulle redeneer dat wanneer Jesus gekom daar vrede en liefde oweral sal wees en dat hulle so van al hulle probleme ontslae sal kan wees.

            Al hoe meer mense binne en buite die Kerk, verlaat die Geloof. “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.” 1 Joh 2:19

Vanaf Matt 24:10  vertel Jesus: “En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

(maar daar is hoop) Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

En hierdie Evangelie van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die Heiligdom – laat hy wat lees, oplet – dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. (In die reuse vlugtogte van miljoene mense reg oor  die wêreld, het vroue in die openbaar op oorlaaide skepe en in die veld, gekraam of met suigelinge aangesukkel.)

En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. (Baie vroue het wreed gesterf).

En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! – moet dit nie glo nie.

Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en (let op) hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

En Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.

As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn – moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer – moet dit nie glo nie.

Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

            Soos ‘n profeet in Israel pas aangekondig het: Die Messias het reeds in Israel arriveer, maar die Vader het nog nie aan Hom gesê om homself te openbaar nie). Alhoewel sy storie lynreg met die Bybel bots, is dit verstommend hoeveel ongereddes hom glo.

En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die Hemel val, en die kragte van die Hemele sal geskud word. (Sulke sterre is reeds na die aarde op pad en word deur wetenskaplikes gemonitor.)

En dan sal die teken van die Seun van die mens in die Hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die Hemel met groot krag en heerlikheid.

(let op) EEn Hy sal sy Engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die Hemele af tot die ander einde daarvan.

En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.

Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag (wat in die Eindtyd leef) sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Die Hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.

Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die Engele van die Hemele nie, maar net my Vader alleen.

En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.”

Joh 5:35 en verder: “Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir 'n tyd in sy lig te verbly.

Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.

En julle het sy Woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.

Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.

Eer neem Ek van die mense nie aan nie.

aar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?

Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig--Moses op wie julle gehoop het.

Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.

En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?”

2 Tim 3:1 en verder: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, skandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

mense wat (let op) ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die Waarheid kan kom nie.

En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.

            Een verhaal staan deur dit alles vas: Daar was vyf wyse en vyf dwase maagde.

            Elkeen moet vir hom- en haarself uitmaak waar staan hulle in Christus. Staan en wag jy op die Messias se Koms sonder vlek of rimpel met jou bruidskleed aan? – Wekroep