Wys tans plasings met die etiket selfonderhoudend. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket selfonderhoudend. Wys alle plasings

Woensdag 08 Junie 2016

Om selfversorgend te wees, is ‘n mite


Image result for christelike prente

Wanneer mense sê, of selfs spog, dat hulle selfversorgend is, dan dweep hulle met fiksie. Net waar mens rondom jou kyk is daar ‘n permanente uitstraling van energie om die vernuwing van alle organismes aan die gang te hou.

            Om lewe te kan onderhou moet daar ‘n balans tussen die anaboliese en metaboliese prosesse volhou word.

            Sodra mens vas, swaai die skaal eenkant toe want die metaboliese prosesse verhoog en die anaboliese neem af, Dit beteken mens is besig om te sterf. Sodra dit gebeur kom jou gees na die oppervlakte en het jy baie nouer kontak met die Heilige Gees,

            Begin mens weer reg eet, swaai die skaal terug na sy gebalanseerde posisie.

Wanneer ‘n organisme na net die eenkant toe gedwing word, tree die dood in.
            Hierdie elementêre wet van die lewe word as vanselfsprekend deur die mensdom aanvaar. Dit is deel van die alledaagse lewe. Die groot les wat mens hieruit leer is dat niks wat op die aarde lewe, ooit selfversorgend is nie.

            Die menslike liggaam kan ook nie uit sy eie leef nie. Hy moet homself verneder om lewe vanaf ‘n laer gegradeerde skepping te ontvang.

            Alhoewel sommige oorloop van trots en sogenaaamde selfversekering, moet selfs elke koning op die doodgewone koei vertrou vir voeding. Elke monarg moet op ‘n eenvoudige hoender vertrou vir eiers.

            So moet alle rykes en armes vertrou op onder meer vleisdiere, vis, bye, plante, sade en vrugte om aan die lewe te bly.

            Aan die een kant leef ons almal in die geloof. Daar is ‘n natuurlike geloof nodig voordat ons kan eet. Diegene wat teen geloof is, het geen keuse nie as om geloof te beoefen om te kan werk en eet.
            Hulle eet gewone maaltye in volle vertroue, geloof, dat die koei en die lam, die hoenders, die koring en die bye hulle nie in die steek sal laat nie. Die kos wat hulle eet bevat voedsel vir hul liggame.

            Hulle vertroue is geregverdig... die voedsel voed hulle liggame. Lewe en energie beloon hulle geloof.
            Ons vergeet dat ons liggame bloot die woonplek van ons siel. Die siel is ‘n koninklike gas in ons tydelike liggame.

            Die apostels, die profete en Christus self leer dat die siel nie selfversorgend is nie. Ons moet na iets buite onsself uitreik om die liggaam te kan versorg.

            So word ons ook geleer: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord van God.” Luk 4:4

            Aardse voedsel is net vir die tydelike lewe. Die Woord van God, Jesus Christus, bied die Ewige Lewe.

            Die natuurlike geloof waarmee ons oorleef, verskil heeltemal van die reddende geloof. Die nederige mens ontvang Jesus Christus as Saligmaker om met God versoen te word.

            Die tragiese geskiedenis van die wêreld is dat sondige mense probeer om selfversorgend te wees en nooit slaag nie. Niks wat lewe, lewe selfversorgend nie, God alleen is selfversorgend.

            Ons moet ons afhanklikheid van God bely of ons aanvaar ‘n valse filosofie van onafhanklikheid en sterf sonder Hom en sonder die Ewige Lewe.
         
            Verkondig dit. Leef Jesus. Bid vir Herlewing. – Sjibbolet