Wys tans plasings met die etiket bou geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bou geloof. Wys alle plasings

Saterdag 11 Julie 2020

Word die Goddelike natuur deelagtig



“Immers, sy goddelike krag het ons (let op) alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur (let op) deelgenote kan word van (let op) die Goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”

            Dis Sy wens dat ons die Goddelike natuur deelagtig moet word. Soos in die Hemel so ook op die aarde.

“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,

en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

            “Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie...

“...want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

Kyk hoe pragtig: “Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” 2 Pet 1:3-11

Seën die HERE, besing Sy lof tot aan die hoogste Hemele. Ere sy die Lam van God: “Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

            “Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

            “Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.” Ps 10:1-5

            Verbly jou in die HERE, dans voor Hom. Jubel, sing. As jy al ‘n Hemelse taal ontvang het, verheerlik die HERE daarin. So ontvang jy hierdie groot geskenk uit die hand van die HERE.

            Daar is 7959 beloftes in die Woord van God. Moenie soekenjins gebruik nie, soek self na die Beloftes en verryk so jou geestelike lewe. Let veral op na die voorwaardes by beloftes.

God verbind Homself tot die beloftes wat Hy maak: “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” 2 Kor 1:20

Daarom is dit belangrik dat jy God op Sy Woord sal neem.  Let op: “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? Num 23:19 

Net so terloops: Hoeveel van ons maak beloftes wat ons nooit nakom nie. Mens durf nie so maak nie. – Wekroep