Wys tans plasings met die etiket aanbid in waarheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket aanbid in waarheid. Wys alle plasings

Donderdag 23 Julie 2020

‘n Vermaning ten goede


Daar was lank terug ‘n Judas. Daar was ook ‘n Petrus. Vandag is daar weer Judasse en Petrusse. Die een groep verraai Jesus, die ander groep verloën Jesus.

            Jesus sê ook: “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

            “God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”

            Dis verstommend maar daar is Judasse en Petrusse wat sê hulle bid in Waarheid en Gees... maar hul vrugte toon dat dit nie so is nie.

Mense hou mos van voorgee en van maskers opsit, soos wat dit hulle pas. .. soos in... span hulle seile na die wind.

Dis hulle wat twis veroorsaak, wat verdeeldheid saai, wat die “eie ek” perd opsaal, wat nie die liefde beskerm nie.

  Wanneer ons lees van Judas Iskariot, is die mens vinnig om te oordeel, terwyl jou hand dalk self in die skottel is. Jy kan vir God niks wegsteek nie en Jesus het Judas se gees herken, terwyl hulle aan tafel gesit het.

Judas het nie gewag dat Jesus die skottel aangee nie. Deur sy hand saam met Jesus sin in die bak te steek, het hy aan Jesus bewys hy het geen respek meer vir Jesus nie.

Matt 26:21 (33v):  “En terwyl hulle eet, sê Hy:  Voorwaar, Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai!.  Toe word hulle bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom sê: Is dit miskien ek, HERE?  Toe antwoord Hy en sê:  Hy wat saam my sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai!”

            In Matt 26:7 (33v):  “kom ‘n vrou na Jesus, met ‘n albaste fles, met kosbare salf, en sy gooi dit op Sy hoof uit, terwyl Hy aan tafel was.  En toe Sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê:  Waarom is hierdie verkwisting, want hierdie salf kon kon “duur” verkoop word en die geld aan die armes gegee word.

Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: “Waarom val julle hierdie vrou lastig?  Want sy het goeie werk aan My gedoen.  Want die armes het julle altyd by julle, maar vir My, het julle nie altyd nie!”

            En dis presies hoe dit in vandag se lewe gaan.  Mense is van oordeel aanmekaar gesit en kan nie wag om ander mense te oordeel en uitmekaar te skeur nie.  Naasteliefde is ‘n mite.  Dit bestaan nie.  En hier, is ‘n duidelike bewys daarvan.  Hierdie vrou wou haar allerbeste oor Sy hoof gooi.  Sy wou nie haar 2e of 3e beste op Sy hoof gaan gooi nie, maar die beste wat sy het.

In vandag se lewe is ons mos so geneig om met die 2e of 3e beste voor God te kom staan.  Ons hou mos die beste vir die wêreld. En ons is maar tevrede daarmee om daarmee voor God te staan.  En die ironie is, dat wanneer iemand God in Gees en Waarheid dien, dan beskinder ons mos liewer so persoon.   En ons soek fout met hom wat God regtig dien en aanbid.  Maar God het hulle gees herken, en met hulle gespreek:  “……..maar vir My, het julle nie altyd nie!”

Die oordele word veral gevel op diegene wat ‘n fout of foute gemaak het. Dat hulle dit bely het en die HERE hullevcergewe het, tel nie punte nie.

Diegene wt die oordele vel loop hulle skielik in die Nagmaaltafel vas en gou bely hulle hul ongevraagde oordele oor ander. Had hulle erns met hul belydenis, of was dit net vir die oomblik van diue Nagmaal? More skinder hulle al  weer voort.

Het ons regtig vergifnis van God ontvang en ook soos wat die Woord ons leer, ons skuldenaars vergewe voordat ons aan die tafel gaan sit het?

            Paulus leer ons in Ef 4:32: “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar;  vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het”.

            As jy nie vergewe en vergeet en die saak regstel nie, sondig jy teen die HERE en nie net teen die veroordeelde een nie. Kol 3:13 leer:  “Verdra mekaar, en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het;  soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen”.

God se Woord waarsku ons duidelik in Matt  23:24-28: “Blinde leiers wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk.  Wee julle, Skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.  Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes want julle is net soos witgepleisterde grafte wat van buite wel fraai lyk, maar binne vol doodsbene en allerhande onreinhede is.  So lyk julle ook van buite vir mense regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en onreinheid”.

            Die Woord van die HERE is duidelik oor wat ons moet doen.  Maar deur “skynheilig” te wees vergeet ons van God se doel in ons lewens en dit gaan net oor ons self.  Lev 19:19  “Julle moet my insettinge onderhou. “ Die tyd het aangebreek dat ons die saak uitmaak sê die HERE in die Woord.

Judas 1:16:  “Hierdie mense is klakouse en morpotte.  Hulle rig hulle lewe in volgens hulle natuurlike drange, en met die mond raak hulle arrogante dinge kwyt;  hulle vlei ander ter wille van hulle eie voordeel”… 19:  “Dit is juis daardie mense wat verdeeldheid veroorsaak;  hulle leef volgens hulle eie goddelose menslike drange”.

            En weereens kom die vraag op? Het ons regtig vergifnis en liefde van God ontvang en ook soos wat die Woord ons leer, ons skuldenaars vergewe voordat ons aan die tafel gaan sit het?

            Die Woord is duidelik in 1 Kor 11:27-29:  “Wie dan op ‘n onwaardige wyse van hierdie brood eet of die beker van die HERE drink, sal skuldig wees aan die die liggaam en die Bloed van die HERE.  Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.  Want wie dan op ‘n onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die HERE nie onderskei nie”.

            God wil hê dat ons in perfekte harmonie, in liefde met mekaar sal omgaan.  God verwag dat ons mekaar nie sal afbreek en kwaad maak nie.  Hy verwag dat daar een gees in ons moet wees.

            Soos wat ‘n geestelike berader onlangs opgemerk het: “Hulle kla oor die plaasmoorde, maar hulle vermoor mekaar, al is dit net deur houdings en opmerkings.

Let op wat Jesus in I Kor 11:17-22  sê:

“Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.

“Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit.

“Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.

“As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die HERE eet nie.

“Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.

“Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.”

            Wees eerlik met mekaar?  Wat sien God by ju gemeente?  Sien Hy ‘n eendragtige gemeente, wat sien Hy in jou huis, in jou familie...of is jy dalk die een wat jou hand in die bak steek en God verloën?  Kom dan dat ons erns neem, wanneer ons aan die tafel kom aansit.

Die Woord leer ons, dat as jy weet jou broer het iets teen jou, dan moet jy gaan regmaak, alvorens jy aan die tafel sit. Dis jou keuse, en jou besluit wat jy vandag wil doen, maar weet dit.  Judas Iskariot het Jesus in die oë gekyk, en die HERE verraai en die Hemel gemis.  Doen jy dalk presies dieselfde deur met ‘n verkeerde hart aan die tafel te sit?

Skik jou saak om God te ontmoet. Dit geld ook vir die Petrusse wat die HERE so maklik met slimpraatjies verloën.  Wees ‘n wyse maagd. Maak jou saak betyds reg met die HERE.

‘n Pes van die Eindtyd saai amok reg oor die wêreld. As dit die begin van die einde sou soos waar honderde duisende aan die hand van ‘n onsigbare pes sterf, waar staan jy? – Wekroep