Wys tans plasings met die etiket Sit God in beheer van als. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Sit God in beheer van als. Wys alle plasings

Woensdag 31 Augustus 2016

Wie pak jou valskerm?


Image result for parachute

Charles Plumb was ‘n vegvlieënier in die Amerikaanse Vloot in Viëtnam. Na 75 luggevegte, is sy vliegtuig deur ‘n grond-tot-lug missiel getref. Plumb het homself uitgeskiet en met sy valskerm tussen die vyand beland.
            Hy is gevange geneem en het ses jaar in ‘n kommunistiese tronk in Viëtnam deurgebring.
            Hy het oorleef en gee nou lesings oor wat hy uit hierdie ondervinding geleer het!
Op ‘n dag  sit Plumb en sy vrou in ‘n restaurant en ‘n man staan van ‘n ander tafel af op en kom na hom en sê: “Jy is  Plumb! Jy het vegvliegtuie in Viëtnam vanaf die vliegdekskip  Kitty Hawk geloods en jy is neergeskiet!"
"Hoe op aarde weet jy dit” het Plumb gevra.
“Ek het jou valskerm gepak“ het die man geantwoord.”
            Plumb was verras en vol dankbaarheid.
            Die man skud sy blad en sê: Ek skat dit het oopgegaan.
            Plumb verseker hom: “As dit nie oopgegaan het nie, was ek nie vandag hier nie.”
            Plumb kon daardie nag nie slaap nie. Hy het heeltyd aan hierdie man gedink.
Plumb sê: “Ek het heeltyd gewonder hoe hierdie man in sy Vlootuniform gelyk het.” Plumb kon nie onthou of ooit eers die man gegroet het nie.
            Plumb het gedink aan die baie ure wat hierdie man by ‘n lang houttafel gesit het en elke valskerm se toue gerangskik het en die symateriaal sorgvuldig gevou het en letterlik elke keer die man wat sou spring, se lewe in sy hande gehad het.
            Die vraag nou aan jou, liewe leser, is: Wie se valskerm pak jy?
            “Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.” Gal 6:1
            Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” Gal 6:2
            “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.” Kol 3:12
“Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.” Kol 3:13
“En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” Kol 3:14
“En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.” Kol 3:15
“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.” Kol 3:16
“En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Kol 3:17
“Bely mekaar julle misdade (wat julle teenoor mekaar gepleeg het) en bid vir mekaar (hoekom?), sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” Jak 5:16
            “Verdra mekaar in liefde.” Efes 4:2
            “Wandel in Liefde.” Efes 5:2
                        Plumb sê: “Ek het, toe ek afgeskiet is, verskeie soorte valskerms nodig gehad. Dit was my fisiese valskerm, my emosionele valskerm en my geestes-valskerm.
Ek het al drie nodig gehad om veilig te kon land.”
            So het ons as Wedergeborenes ook drie valskerms nodig: Die fisiese is die volle wapenrusting van Efes 6:13-18.      Die emosionele is ons geloof en die geestes-valskerm is die Heilige Gees.
            As ons ander help om hul valskerms te pak, dan help ander weer vir ons, soos in die strofes vroeër genoem. Bid vir MEKAAR en dra MEKAAR se laste.
            Pak jy jou predikant se valskerm? Ek is seker hy pa joune?
            Ons is afhanklik van mekaar om voorspoedig deur die lewe te kan gaan. Iemand wat ‘n valskerm pak, mag nooit ‘n fout maak nie. Nooit!
            ‘n Familielid het sy motor laat diens. Net voor hy by die motorhawe wegtrek vind hy dat daar nie olie in die motor was nie. ‘n Ander het gevind dat die wielmoere nie vasgedraai was nie. Dit mag nie gebeur het nie.
            Ons is almal afhanklik van mekaar en gesamentlik is ons van God afhanklik.
            Diegene wat nie wedergebore is nie, sal eendag rekenskap gee.
            Maak seker oor die wedergeboorte wat nie trou was nie.
            Dink maar as ons mekaar nooit groet nie, altyd onvriendelik sou wees, nooit iemand komplimenteer nie. Niemand se las dra nie. Vir niemand bid nie. Gladnie omgee vir die huisgenote of ons naaste nie. Hoe ‘n soort lewe sou dit wees?
Wie se valskerm pak jy?  – Sjibbolet

Indien jy gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus belindapaar@gmail.com