Wys tans plasings met die etiket Jesus kom weer. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jesus kom weer. Wys alle plasings

Donderdag 03 Januarie 2019

Hy kom weer!

Wat met Jesus se eerste koms gebeur het gaan basies weer by die Wegraping gebeur.

Jesus was gebore in die tyd van die Roomse Keiser Augustus… die eerste Romeise heerser wat in sy tyd as god aanbid was. Dis hy wat die volkstelling gehou het en nommerkodes aan almal toegeken het om groter geldelike beheer te hê.

By die Wegraping gaan soortgelyke gebeure plaasvind. Die ontstaan van die Europese Unie word allerweë as die verrese Romeinse Ryk beskou. Die Unie erken nie die bestaan van God YAWEH nie en sy president sal aanstonds die valse God wees.

Jesus se Geboortefees is nie iets van die verlede nie. Dit is ‘n profetiese gebeurtenis wat in die bynase afsienbare toekoms herhaal gaan word. Die begin en die einde.

Terloops, Herodus was in daardie tyd Herodus die Grootte in Jerusalem.

Reg oor die wêreld  word Jesus in toenemende maat verban. Op plekke mag mens nie eers Sy naam in ‘n toespraak of gebed noem nie. Herdenkings van Sy geboorte is op baie plekke verban en selfs vernietig.

Joel, die Bergrede en Openbaring vertel vir ons van tekens in die lug en in die kosmos wat Christus se Koms sal voorafgaan. Met Christus se geboorte was daar tekens in lug en in die kosmos wat die Geboorte voorafgegaan het. Die Jode was in hulle eie land, maar onder die beheer van ‘n Roomse Keiser.

Vandag is miljoene (vlugtelinge) nie in hul eie lande nie en die wat is staan onder vreemde gesag.

Augustus het die troon bereik deur misleading… die Roomse general, Pompeii het die Jode mislei en in die Allerheiligste van die Tempel binne gegaan.

Wat met Pompeii in Rome gebeur het, sal weer gebeur. Al hierdie dinge wat in Europa en die Midde Ooste gebeur is alles dinge wat besig is om die toneel te skep soos vervat in profesie. Die nuwe tempel wat in aanbou is, sal deur die antichris beset word en hy sal as god aanbid word.


































Voor die Europese Parlement is drie standbeelde van’n vrou wat op ‘n dier ry en ook op die Euro muntstuk. Openb 17,18

Die Wegraping gaan plaasvind en diegene wat agterbly sal hulle hoop op hierdie vrou en hierdie halfgod plaas, maar uiteindelik tevergeefs.

            Dusver dui alles daarop dat die antichrist uit Europa sal kom. Die Europe Unie wil sy vlerke versprei na ‘n eenwêreld regering soos deur die Nuwe Wêreld Orde (NWO) beplan word. Daar is reeds 25 wêreldorganisasies soos bv Gesondheid, Landbou, Toerisme, Handel, ens. ‘n Eenwêreldgeldstelsel is straks volgende.

Pres Donald Trump sê, hy is daarteen. Die Republikeine en die Demokrate was reeds so mislei deur Bush, Clinton en veral Obama dat hulle ook ‘n eenwêreld regering begin aanvaar het. Trump staan alleen wanneer hy sê Amerika sal nie deel daarvan wees nie. Amerika staan saam met Israel. Evangeliese Gelowiges skaar hulle by Trump.

            Trump het tydens die verkiesingsveldtog al gesê hy is nie ‘n politikus nie en stel ook nie daarin belang nie. Hy is ‘n sakeman en sal die land soos ‘n sakeman bestuur. Trump is egter Wedergebore en al sy raadsgewers is Wedergeborenes. Daar word ook daagliks in die Withuis gebid.

            Trump is die res een voor: Amerika het ‘n groot militëre basis  binne Israel. Eergister is ook begin met die bou van Amerika se nuwe militêre basis in die buitenste ruim. Dis ‘n eerste.

            Soos met Jesus se geboorte sal daar by die Wegraping ook vele valse profete wees. Die Groot Afval en misleiding is reeds in volle swang. ‘n Onlangse peiling in Amerika toon die Amerikaners stel meer belang in geld as in geloof… “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.” 2 Tim 2-5

            Lees ook YAWEH se briewe aan die 7 gemeentes in Openb 2 en 3 en sien die toestande in die kerke vandag.

    Soos met Jesus se eerste koms gaan toestande net veel erger wees by die Wegraping. Die wêreld het intussen baie, baie groter geword. Almal het wêreldwyd ‘n ID-nommer, ID-kaarte en op talle plekke word kodes met sensors onder mense se velle ingeplant. Op ander plekke word vingerafdrukke gebruik en by ander weer skanderings van jou oë. Sensusopnames is ‘n aanvaarde praktyk.

    Tydens die Wegraping sal groot getalle intussen Wedergebore Jode, ook net verdwyn. Jode aanvaar vandag in toenemende maat Jesus as die Messias en hul Verlosser. Daar is reeds 274 Messiaanse gemeentes in Israel http://app.kehilanews.com/directory

    Ons gedenk ook Jesus se geboorte, omdat ons, ek en jy, die werk wat Hy op aarde begin het moet voortsit en voltooi. Dis ‘n opdrag.

    Dink net hoe eentonig die Nuwe Testament sou wees sonder Jesus se wonderwerke… wonderwerke wat vandag nog steeds plaasvind. Jesus noem ons sy medewerkers. 1 Kor 3:9; 2Kor 6:1.

            Gelowiges en Jesus is vir Ewig onafskeidbaar. Jesus is op die oomblik nie hier nie, maar ons beleef Hom en sy werke steeds elke dag. Sommige betwis sy geboortedag. Los dit, fokus eeder op die rede vir Sy geboorte.

    Ja, gedenk Sy geboorte, maar los die kersvaders en kersbome. Dit het niks met Sy geboorte te doen nie. Gee geskenke, gebruik nagmaal om ons te herinner aan die grootste Geskenk wat die mens op hierdie aarde ooit ontvang het, ‘n Verlosser, YESHUA.

    Wees altyddeur ook gereed, Hy kom ons haal en Hy het nog nooit en sal nooit sy Woord verbreek nie. – Wekroep

·        Ons kantore sluit vandag tot 14de Januarie 2019. Rykste seëninge en ‘n Geesvervulde 2019 word almal toegebid.