Wys tans plasings met die etiket Jesebel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jesebel. Wys alle plasings

Vrydag 22 Julie 2016

Die Gees van Elia in stryd met Die Gees van Isebel


Image result for spirit of jezebel

Vaders word in hierdie tyd deur die Gees van Elia opgewek om terug te keer na hulle kinders. So lui hulle die Koms van Christus binne. Die Gees van Elia moet in die Kerk aanwesig wees, toegelaat word, verwelkom word.
            “En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders...” Luk 1:17
            Maleagi het al profeteer: "Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders versoen...." Mal 4:5-6
            Die Gees van Elia sal die morele verval in en om die Kerk omkeer en die  Gees van Isebel en ook –Agab teenstaan. Die Kerk maak gereed vir die Wegraping... sonder vlek of rimpel.
            Reg oor die wêreld verbrokkel huwelike in toenemende maat die afgelope 50 jaar en in Suid-Afrika loop een uit elke drie huwelike op die rotse. Buite-egtelike kinders word in toenemende maat die afgelope 50 jaar gebore.
            Vaders ontken vaderskap. Die Gees van Isebel verwoes predikante, gemeentes, huwelike huisgesinne, laat selfs staatspresidente en konings tuimel. In Italië is 90% van alle mans en vroue ontrou. Dit het ‘n aanvaarde kultuur geword. Dié toestand kom reg oor die wêreld voor, ook erg in SA.
            God se oplossing vir die Eindtyd, is die herstel van vaderlose volke, die herstel van Sy vaderlose Kerk. Die Gees van Elia sorg vir vrymaking van die Gees van Isebel se onheile.
            Hier is ‘n nuwe ontwaking en ‘n vars bries van Herlewing vir die volke. Kinders het die liefde en aandag van ‘n vader broodnodig.
Op die Internet wêreldwyd, maar ook in SA is tienduisende aangenome kinders wat hul biologiese ouers soek. In kinderhuise sit hulpelose kinders met verlange langs die heiningdrade: Wanneer kom hulle mammas en pappas hulle haal?
Oplaas moet hulle in pyn aanvaar: Hulle is alleen.
Die HERE het ‘n reuse omgee vir kinders. Almal wat na kinders omsien, kan weet dat die HERE na hulle sal omsien. Matt 7:11
Die HERE berei vir Homself lof uit die mond van kinders en suigelinge. Matt 21:16
Die Gees van Isebel is veral bedrywig in kerklike gemeentes en veral in Amerika, maar ook in SA... en selfs in die kansels. Menige predikant wat nog staande is, kan daarvan getuig, terwyl ander lank reeds slagoffers daarvan is.
Oor Isebel, sê die HERE: “Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isebel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
“En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.
“Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
“En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.” Openb 2:20-23
Hierdie owerspel dui op geestelike sowel as vleeslike owerspel. Dit gebeur ook tussen onderwysers en skoliere en tussen die skoliere wat aan pornografie en dwelms, twee van Isebel se instrumente is, verslaaf is.
In Efes 5:11-12 is ‘n ernstige waarskuwing: “Hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.”
Die Gees van Isebel takel mans, vroue en kindders. Sy vernietig so ver moontlik as wat sy gaan. Sy neem beheer van almal en alles.
Aanvaar dit: Daar is twee geestelike magte op die aarde aan die werk: Die Heilige Gees van God en die Satan dmv sy demone en die Gees van Isebel. In gemeentes word van “onderstrominge” gepraat.
Die wegraping is voor die deur. Ons gaan vrymaking van geestelike gevangenes beleef en baie wonderwerke. Maar die satan ruk in ‘n laaste poging om alles te verongeluk , die poorte van die hel oop.
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Efes 6:12
Isebel is ‘n owerheid, ‘n owerheid wat in beheer van gelowiges, gemeentes, predikante, kinders, ens wil kom. Tien duisende kinders is halfwees in SA weens egskeidings.
Die jongste syfer uit Amerika is dat daar 25 miljoen kinders sonder ‘n vader is. Ons beleef ‘n absolute Sodom en Gomorra.
In die jongste herlewings oorsee en ook plaaslik, is dit verstommend dat die meeste nuwe bekeerlinge juis jongmense en kinders is. Dit vind ook in SA plaas.


DIE KARAKTER-EIENSKAPPE VAN DIE ISEBEL GEES SOOS BESKRYF DEUR DIE SKRYWER SANDY WARNER

ISEBEL IN DIE NUWE TESTAMENT
1) Isebel is in die kerk  (… aan die gemeente in Thiatire: …dat jy die vrou Isebel toelaat …)  Open 2:18 & 20
2) Isebel is ‘n vrou · (“vrou Isebel”)  Open 2:20
3) Isebel is in leierskap Isebel is ‘n leermeester  (“toelaat om te leer en My diensknegte te verlei”)  Open 2:20
4) Isebel het volgelinge  (“My diensknegte te verlei … almal wat hierdie leer nie het nie”)  Open 2:20, 24
5) Isebel is self aangestel Isebel... het groot ambisie  (“wat haarself ‘n profetes noem”)  Open 2:20
6) Isebel is mislei deur satan... Isebel mislei ander (“die wat die dieptes van die satan, soos hulle dit noem”) Open 2:24
7) Isebel het ‘n seksuele geskiedenis... Isebel koester wellus  (“en My diensknegte te verlei om te hoereer”) Open 2:20
8) Isebel ontvang ‘n kans om te bely (“En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie”)  Open 2:21
9) Isebel is nie leerbaar nie  (“… en sy het haar nie bekeer nie”) Open 2:21
10)Isebel se oes  (“Ek werp haar… in ‘n groot verdrukking … en haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak”)  Open 2:22 & 23

Die naam van Isebel in die Nuwe Testament, beteken “kuis”. Hierdie
woord kom vanaf die Ou Testamentiese Hebreeuse woord Isebel ‘lyzebel ee-zeh’-bel’). Die betekenis van die Hebreeuse naam kom oorspronklik van 2 woorde: die eerste beteken “nie” en die tweede beteken “woning of
blyplek”. (Woordstudie aan die einde).
            Om dit geestelik te vertolk – die invloed van Isebel is die beste bekend in die oorsprong van haar naam: sy is nie ‘n kuise woonplek nie. Sy mag op die oog af voorkom as ‘n maagd, of kuis, maar dit is slegs ‘n voorkoms. Sy is ook nie ‘n woonplek nie, omdat dieselfde karaktereienskappe van Isebel, dit baie moeilik maak om saam met haar te lewe!
            Sy het ‘n toegewyde lewe van immoraliteit bedryf. Sy gebruik haar vroulikheid as ‘n wapen om haar sin baie subtiel of openlik te kry deur manipulasie. Uiterlik probeer sy mans aanlok en aantrek. Innerlik verag sy mans en soek hulle net met die doel om hulle te beheer vir haar eie agenda.
In die wêreld, sowel as in die kerk, veroorsaak Isebel se invloed chaos in huwelike, want dit is baie moeilik om saam met haar te lewe. Dikwels word dit gesien waar daar verskeie pogings tot huwelike is.
Isebel is uiters onafhanklik en kan nie in eenheid vloei met God se mense nie.
Die Woord sê, “Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!”1 (Psalm 133:1). Sy kom saam met gelowiges, nie om by hulle aan te sluit nie, maar om hulle te beheer. Uiterlik mag dit lyk of daar harmonie is tussen diegene saam met wie sy “woon”, maar dit is slegs omdat sy die magte van intimidasie, manipulasie en beheer gebruik om hulle te onderdruk.
Hierdie gees is baie ambisieus, dus bevorder sy haarself om te heers oor, te regeer, en oor te neem met haar eie agenda. Sy is selfverheerlikend en begeer dat ander “na haar opkyk” – m.a.w., haar aanbid. Sy bevorder en verhoog ook uiterlike voorkoms.
Haar tong is luidrugtig, maar kan ook verleidend en sjarmant sag wees – sy gebruik beide uiterstes. Sy is skerpsinnig, aanhoudend en/of misleidend. Haar bedrewe tong sal beskuldig, verkleineer, bekoor, verlei, dreig, opponeer, vereis, ens. Sy gebruik haar mond om oor te neem, outoriteit toe te eien, en om te leer – tog bly syself onleerbaar.
Die Isebel in die Nuwe Testament is baie misleidend, omdat haar Nuwe
Testamentiese naam “kuis” beteken. Tog, uit wat Openbaring van haar sê, is sy alles behalwe kuis. Hierdie woord “kuis” het sterk konneksies met Isebel binne Christelike kringe, en is baie misleidend binne die rangordes. Sy is bedrewe in kullery.
            “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.” 2 Kor 11:13-15
            In hierdie laaste dae sal die mag van Isebel baie mislei, a.g.v. die mag agter haar. Soos die Here Sy ware dienaars verhoog, die profete en apostels, sal die vyand ook sy Isebel dienaars bekragtig. In die Ou Testament het Isebel vir Baal aanbid. In die Brown-Driver-Brigg’s Hebrew Lexicon (definisies),
beteken die woord Isebel “Baal verhoog” of “Baal is die man van” of “onkuis”.
In die boek Openbaring waar sy haarself ‘n profetes noem, is dit slegs logies dat sy ‘n bron van bonatuurlike krag moet hê om haar te rugsteun. Sy sal in staat wees om te profeteer met ‘n sekere graad van akkuraatheid (net soos die fortuinvertellers) en sy mag ook bonatuurlike tekens hê wat haar volg. Dit is belangrik om met wysheid te onderskei in die komende tye, sodat ons nie mislei word nie.
In die Ou Testament, het sy God se profete gehaat en probeer om hulle te vernietig. In die wêreld, is die gees van Isebel die mees algemeen in die vrouevryheidsbeweging, wat lesbianisme insluit. Een manier om God se profete letterlik te vernietig, is deur aborsie – om ‘n uitverkore geslag te aborteer.
In die kerk is die vervolging van God se ware dienaars meer subtiel, sodat dit nie ontdek moet word nie. Die tong is haar beste wapen. Of dit skerp of strelend is, dit word bekragtig en aangedryf deur dominansie, intimidering en manipulering.
Op ‘n geestelike vlak word God se skool van profete gekorrupteer en vernietig deur haar invloed, wanneer hulle mislei word deur plaasvervanger geeste. Behalwe die baie karaktertrekke genoem in hierdie studie, kan Isebel ook onderskei word deur na God se ware dienaars te kyk. Isebel is die
teenoorgestelde van die volgende:

GOD SE DIENAARS:
Hul monde, gedrag en motiewe is:
1. Liefdevol – goedhartig, vergewensgesind, geduldig, genadig en eg
2. Nederig – sagmoedig, vredevol, respekvol, eerbaar
3. Leerbaar – belydend, onderdanig, vormbaar, toegeeflik, samewerkend,
sagmoedig
4. Gulhartig – vrygewig, opofferend, dienend, onselfsugtig
5. Verenig – samewerkend, harmonieus, bedagsaam, afhanklik, vloei in
kameraadskap
6. Deursigtig van binne na buite en buite na binne – eg, heilig, eerlik,
blaamloos
7. Selfloos – verhoog die Here, nie hulself nie.

DIE GEES VAN AGAB
Direk onder die gees van Isebel, is die gees van Agab. Hulle werk saam om ‘n
kragtige alliansie te vorm. Agab in die Ou Testament, was ‘n koning bekend vir kompromie. Sy val was toe hy trou met die ambisieuse Isebel wat hom verlei het tot allerhande soorte boosheid.
Kon 21:25 25 ”Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.”
In plekke waar Isebel regeer, sal jy ‘n teenoorgestelde geestelike mag
waarneem wat haar in staat stel om in beheer te wees. Agab se geestelike mag of kompromie, bou vir Isebel, en stel haar geestelike invloed in staat om te domineer. Agab, in die Skrif, het toegegee aan Isebel se sjarme, wou
konfrontasie vermy, het passief geword, sy stem opgegee en sy outoriteit
gekompromeer. Agab was begaafd in strydvoering, en het op die oog af nie
swak karaktertrekke gehad nie. Maar toe daar ‘n alliansie met Isebel gevorm
is, het hy gebuig onder haar invloedryke sjarme.

·       Vir Bybelstudie doeleindes kan Sandy Warner se volledige studiestuk kan afgelaai word by:

AGAB EN JESEBEL - Sandy Warner
www.kanaanministries.org/Downloads/Etienne/AGAB.pdf · PDF file