Wys tans plasings met die etiket Israel benodig gebede. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Israel benodig gebede. Wys alle plasings

Sondag 02 Februarie 2020

Die mense van Israel het ons hulp en gebed nou nodig


Die oorlogswolke hang dreigend oor hierdie onstuimige deel van die wêreld. Die vyande van Israel het al soveel as 150 000 vuurpyle en missiele langs die noordelike grense van Israel opgestapel. Magen David Adom, Israel se rooi kruis, berei homself voor vir die ergste.


Israel word op gereelde grondslag aangeval met missiele en vuurpyle met plofkoppe. Die
Israelse Lugmag wis gereeld vyandelike basisse uit.

            Hezbollah is deeglik voorberei deur die konflik in Sirië. “Israeliese militêre intelligensie is bekommerd dat dié terroristegroep kan beplan om 'n groot militêre optrede teen Israel te loods...óf vanuit sy tuis basis in Libanon of, moontlik, vanuit Sirië.
            Intussen dreig Iran om direkte aanvalle op Israel te loods na die onlangse toename in geweld teen die VSA. By Iran is dit ‘n uitgemaakte saak: Israel moet totaal vernietig word en hy werk meedoënloos in daardie rigting.
           Met hierdie bedreiging van oorlog en die toename in terrorisme, is dit noodsaaklik dat Israel homself betyds deeglik moet voorberei ook wat betref sy vermoë op die gebied van nood mediese reaksie.
            Net God weet wat in Israel sal gebeur, maar Magen David Adom moet gereed wees vir wat ook al kan gebeur! Israel moet wys wees soos die mier in Spreuke 6 en gebruik hierdie seisoen van relatiewe kalmte om voor te berei, wetende dat lank voordat sy vyande sal toeslaan Israel op elke moontlike terrein slaggereed moet wees. So kan gewone mense soos ek en jy help met die aankoop van byvoorbeeld nuwe ambulanse.
            Die tyd vir Israel om voor te berei is nou. Maar aangesien die Regering van Israel nie nood mediese dienste befonds nie, het die Magen David Adom (Israel se Rooikruis) dringend hulp nodig, hoe gering ook al, om voor te berei.
            Alles wat Israel nodig het om gereed te wees om die bedreiging van die oorlog te trotseer — ambulanse, mediese voorrade, trauma toerusting, nood bloed, gevorderde paramediese opleiding, moet kom uit die deernis en vrygewigheid van vriende soos ek en jy.
            Die regering voorsien wel al hierdie goedere aan sy militêre hospitale. Maar nie aan die Rooikruis (Magen David Adom) nie.

Ook sê die Engel van die HERE vir haar: “Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
En hy sal 'n wilde esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.” Gen 1:11-12

            Die Israelse Weermag is op gereedheid grondslag veral in hierdie tyd wat Amerika sy vredesplan vir die Midde-Ooste bekend maak. Dit was gisteraand vrygestel en reeds is Storms aan die opsteek.
            Ses bataljons is ontplooi by Judea en Samaria. Gevegseenhede is ook by elke brigade ontplooi om enige moontlike aanval af te weer.
            Die Weermag slaan ook reeds terug teen Hamas wat plofstof met trosse balonne oor die grens stuur.

Trosse helium-gevulde ballonne met plofstof word saam met die wind oor die Israelse grens losgelaat.

Die leiers van terroriste organisasies, asook Putin van Rusland, Kim Jong-un van Noord Korea, Erdogan van Turkye, iX Jinping van Sjina, leier van die konings van die Ooste, en ander kleineres is almal in lewenslange  aanstellings en regeer op eie houtjie wat die Israelse aanval ingevolge Eseg 38 snel kan laat geskied.
            Daar kom ‘n besliste einde aan alles. As jy getuig dat jy Wedergebore is, moet jy soos wat Israel die afgelope 70 jaar dag en nag gereed is vir oorlog, ook gereed wees vir die Wegraping en die inbring van siele om die getal vol te maak. Intussen word ook van ons verwag om Jerusalem dag en nag in wakende gebed op te dra.
            Jerusalem is en bly die barometer, die Big Ben, van die wêreld. Daar kom ‘n uur en ‘n basuingeskal, dan is dit vir altyd te laat.
            As jy nog nie Wedergebore is nie, in watter euwels jy ook al vasgevang mag wees. Skryf en vra hulp. Ons het mense wat dag en nag kan help. “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; n maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13