Wys tans plasings met die etiket Hy sal ons genees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Hy sal ons genees. Wys alle plasings

Saterdag 11 Julie 2020

Hy sal ons Genees...



“As Ek die Hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek (Covid19)pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” 2 Kron 7:13-14

            “Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

“Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.” Ps 81:14-15

            “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

            “As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

“Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.

“Ag, hoe het die getroue vesting 'n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag — en nou moordenaars!

“Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.

“Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.

“Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!” Jes 1:18-23

            “Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.” Ps 82:8

            “o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!

“Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

“Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.

“Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

“Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond.” Ps 83:2-7

Vervang vrees met geloof en stap ongeskonde deur hierdie slagveld van virusse en misdaad, ellende en ondergang. Daar is gevalle waar die vrees ‘n groter gevaar is as die werklike gevare. Wêreldwyd is daar baie paniek.

Al die gevare waarvoor gevrees word, is weens die onbekende, maar geloof in die HERE God Jahweh neem ons juis na die bekende. Sy liefde en genade, die bloed van Jesus,. die Heilige Engele se beskerming.

Dan bid ons in die geloof, sonder om te twyfel. Jak 1:6-8. Dan sing en speel ons in ons huise en motors Goddelike musiek... Dan bid ons vir mekaar. Ons ryk uit na ander. Ons staan op vir Jesus. Ons bemoedig mekaar, want, die oorwinning behoort aan ons en onse God. – Wekroep