Wys tans plasings met die etiket God se stem. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket God se stem. Wys alle plasings

Vrydag 26 Augustus 2016

Die krag van God is stem-geaktiveerd


Image result for bybel


“En omdat ons (elke Gelowige) dieselfde Gees van die geloof het – soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek – glo ons ook, daarom spreek ons ook.” 2 Kor 4:13
            Twee duisend jaar gelede, voordat die mens tegnologie ontdek het wat deur ‘n mens se stem geaktiveer kan word, het mense al God se krag geaktiveer deur hul stem. Dit was moontlik omdat hulle die Gees van Geloof gehad het,
Die dissipels genees talle siekes en krankes,  deur God se krag net met hul stemme te aktiveer. Wat help dit jy sê jy het geloof en sê nooit iets nie?
Wanneer ons enigiets aanspreek in die naam van Jesus Christus, aktiveer ons die krag van God.
Onthou jy die eerste bandopname masjien wat op jou stem gereageer het? Die verkoopsman het dit so in die winkel verduidelik, die handleiding het dit beklemtoon... en jy het dit geglo en begin praat en toe werk dit.
As jy die krag van God in aksie wil sien, glo die handleiding (Die Bybel) en spreek. As jy twyfel in die Handleiding sal jy nie die krag van God kan aktiveer nie, sal jy dus niks kan ontvang nie. Jak 1:6-7
Om te bid is om ons geloof deur ons stem uit te spreek.
Daar is Christene wat slegte of negatiewe dinge sê en dan gebeur dit ook. Jy het die verkeerde kragbron aangespreek.
In Joshua word vertel dat Joshua en Kaleb nie vriende was oor negatiewe dinge nie, maar weens hulle opregtheid en juis daarop kon God hulle help om talle hindernisse, selfs die reuse, te bowe te kom.
Geloofsbeginsels is een ding, maar wat ons nodig het is ‘n Gees van Geloof. Smith Wigglesworth was ‘n gewone loodgieter, maar hy had die Gees van Geloof en onder sy prediking het 19 mense uit die dood opgestaan.
Hy het gelag oor die onmoontlike. Oor ‘n negatiewe situasie spreek mens soms negatief. Wigglesworth het geglo om liewer daarvoor te lag en so die situasie in jou guns om te keer.
Dawid het ‘n Gees van Geloof gehad toe hy net 17 jaar oud was.
Daar is Christene wat Bybeleksamens met lof deurkom, maar hulle het nie die Gees van Geloof nie want hulle is nie waarlik Wedergebore nie.        
Daar is volgens die jongste sensus 34-miljoen Christene in die SA. As hulle die Gees van Geloof had, sou hulle bid en spreek en die krag van God in werking kon stel.
“Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.” Matt 9:29 – Sjibbolet