Wys tans plasings met die etiket God se meesterstuk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket God se meesterstuk. Wys alle plasings

Maandag 18 Julie 2016

God se Meesterstuk!


Image result for pottebakker en die klei

DIE vraag word allerweë gevra: Wie het Christus doodgemaak, die Romeine of die Jode?

          Christus gee self die antwoord in Joh. 10:17-18:  “Daarom het die Vader my lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.

          “Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit af uit Myself. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer op te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.”

          Niemand sou die voorreg hê om Christus dood te maak nie. Lukas 23:46 lees:  “En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: “Vader, in U hande gee Ek my gees oor!  En toe Hy dit gesê het, blaas Hy sy laaste asem uit.”

          Mense het normaalweg 36 ure aan ‘n kruis gehang voordat hulle dood is.  Jesus het na ses ure besluit, Hy sterwe.
          So gaan 1 Kor. 15: 54-55 ook in vervulling: “Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?”
          Die Hoofman oor ‘n Honderd staan daardie oomblik voor Christus. Toe hy sien wat plaasvind bely hy: “Waarlik, hierdie man is regverdig!”
          Saam hiermee word die waarheid oor die Ewige Lewe bevestig. Hemel of hel, daar is beslis ‘n Ewige Lewe. Oor waar mens die Ewigheid gaan deurbring is jou eie keuse.
          Paulus weet waar hy die Ewigheid gaan deurbring en sê in Rom. 8:38-39  “Wat ek is versekerd dat geen dood of lewe of Engele of owerhede of magte of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel, my sal skei van die Liefde van God wat daar in Jesus Christus is nie!”
          As jy dit ook kan sê, loof ons die Here saam met jou.
          As jy dit nie kan sê nie, as jy nie daardie versekering het nie, dan moet jy dringend werk daarvan maak. Dit is jou lewe en jou toekoms.
          Die Here sê in Joh. 1:9: “As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig, om ons nie net al ons sondes te vergewe nie, maar ons ook van alle ongeregtigheid te reinig.”
          En jy wat reeds hierdie kragtige versekering het, bid saam met ons vir magtige herlewing.
          As jy hierdie boodskap reeds tot by hierdie punt gelees het, dan moet jy besef dit is die Heilige Gees wat jou gedring het om tot hier te lees. Dan praat Hy met jou omdat hy jou lief het en dan verwag Hy reaksie van jou kant af!
          ‘n Meesterstuk, is ‘n besondere verhewe werk gewoonlik in die kunste uitgebeeld. Maar kyk weer na die drie kruise op Golgota. Hoevele reg oor die wêreld het dit nie al geskilder.
         So is Rembrandt van Rijn se skildery as ‘n meesterstuk beskryf. Daar het drie verskillende mense aan die drie kruise gehang: Die Verlosser van die wêreld, die sondaar op pad na die verdoemenis en die Wedergeborene op pad na die Paradys.
        Waar hang jy? Stap jy net verby? Hoe lank al? Die tyd loop nou vinnig uit!
        Waar hang jy... en jou familie, en jou vriende en jou kennisse?
         “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Jes 1:18
        Die keuse is joune. – Sjibbolet