Wys tans plasings met die etiket Eseg 4:1. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Eseg 4:1. Wys alle plasings

Donderdag 27 Junie 2019

God het ons nodig om SA te red


As jy nie weet hoekom jy woon waar jy woon nie, begin die Evangelie in jou straat verkondig en jy sal gou uitvind. Die persoon langs jou in die vliegtuig, in die bus... dit bly dieselfde... jy het ‘n boodskap vir hulle. Gooi ten minste ‘n traktaat in elkeen se posbus.

            In Londen, naby St. Paul’s, is ‘n straat met die naam Godliman Street, vertel die bekende dr. F. B. Meyer. Die ligging van die straat, naby so `n groot, bekende kerk, kon dalk die rede vir die naam gewees het.

Of, daar het dalk ‘n besonder toegewyde persoon gewoon, want die naam is van die Engelse woord, “godly” (Goddelik) afgelei.

Hoe voel die mense, veral die mans, wat in daardie straat woon? Kan dit dalk ‘n verleentheid wees as mens vir ‘n ander moet sê waar jy woon?

Ek kom uit in Sionstraat in die Paarl. Pas die mense wat daar gewoon het of nou woon, se lewensgedrag by die straat se naam?

Voel jy dalk jy sal ontuis voel in so ‘n straat? Ons moet onthou, in die Hemelstad, is ook strate. Of hulle name het, weet ons nie.

Die strate is van goud...

“En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede safier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.” Openb 21:19-20

Ons moet baie seker maak, dat ons, ons toegangsreg tot die Hemel verkry het, deurdat ons Wedergebore is. Dat ons in Jesus Christus, as ons Verlosser, vertrou het. Van alle dinge op aarde is dit die belangrikste voorsorgmaatreël vir ons.

Onthou jy die baksteen?

“En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik (jou dorp, stad, voorstad); maak dan 'n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.” Eseg 4:1-3. Luister eers hierna voordat jy verder lees: https://youtu.be/si16519XNR0

          Sedert die skepping van die mens het die Almagtige God deur die eeue bewys gelewer van watter waarde Hy heg aan ‘n enkele persoon, EEN MAN, op hierdie aarde.

    Aan EEN man, Adam, word die mag gegee om al die diere van die aarde te noem soos hy wil. Die invloed van die val van dieselfde Adam word vandag nog oor die ganse aarde deur die ganse mensdom gevoel.

    EEN man, Noag, word verkies om die ark te bou, om sodoende ‘n spruit vir die menslike geslag aan die lewe te hou.

    EEN man, Abraham, word geroep uit Ur van die Galdeërs om die vader  van  alle gelowiges te word en die vader van die geslag waaruit Jesus Christus gebore sou word.

    EEN man, die hakkelende Moses, word geroep om die hele volk Israel, uit Egipte uit te lei en vir veertig jaar deur die woestyn te neem. Hy tree op as skakel tussen God en die volk.

    “En ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie, maar Ek het niemand gevind nie.” – Eseg. 22-30

    Toe God die volk wou verdelg, tree Moses  –  EEN MAN  –  op as voorbidder dat die  volk gespaar sou word.

    Na hom volg weer  EEN  man, Josua, en dan elkeen van die Rigters op hul beurt, die profete  Nehemia, Daniël  en andere wat as EENLINGE opgetree het tussen God en die volk, en wat het hulle nie alles uitgerig nie!

Die Nuwe Testament begin met die optrede van Johannes die doper, as voorloper van Christus.

    Toe was daar Jesus Christus, die grootste leraar, prediker, profeet en hervormer wat die wêreld ooit geken het, en dit bo en behalwe Sy liefdevolle Middelaars- en Versoeningswerk.

    Na Jesus volg die apostels waaronder Petrus, toe weer Paulus  –EEN man na die ander.

     En verder deur die geskiedenis van die Kerk het God van tyd tot tyd die EEN man gebruik om Sy doel te bereik. Daar was manne soos Luther, Calvyn, Wesley, Murray, Moody, Hudson Taylor, Billy Graham, George Fuller, Torrey, Finney, John Lake en andere wat as enkelinge opgetree het en uitgeblink het in die werk van God en wonderlike getuienisse vir Hom op aarde geskep het.

Maar, wat van die behoefte in hierdie tyd waarin ons, ons bevind? Ons het nou, soos seker nog nooit tevore nie, die hulp en beskerming van die Allerhoogste aan al kante nodig.

    Wat van jou, jy wat nou hier lees? Al gewonder waarom jy juis hierdie boodskap nou moet lees?  Is dit blote toeval dat jy hierdie boosskap lees? God soek ‘n man! (toevallig – toe val die lig)

            En Hy soek ook ‘n VROU. Vroue het ook groot rolle in die bou van die Christelike Kerk vertolk. Gemeentes is in hulle huise gestig. Meer as 180 vroue het leidende rolle in die Bybel vertolk, meer as 30 van hulle in die Nuwe Testament.

            Dit is nodig dat manne en vroue VANDAG na die stem van die HERE luister en sonder verdere versuim na vore tree en aanmeld vir diens –  heldediens – waardeur hierdie volk gered en vrygekoop sal word!

    Gelowiges is besig om in toenemende maat by die geledere van verskeie  gebedsforums en verootmoedigingsbyeenkomste in te skakel. Hulle reageer op die stem van EEN, die Heilige Gees.

    Hulle het Sy stem gehoor. Hulle het reageer. Hulle is nou voorbidders vir die volk. Hulle tree in vir die volk, vir ons kinders, vir ons toekoms, vir die bou van die Koninkryk van God en die uitbreiding daarvan.

    God soek manne en vroue wat ‘n bres vir Hom kan slaan, ‘n bres vir die Volk kan slaan. Manne en vroue met durf en daad, wat soos Koning Dawid sal sê: “Met my God spring ek oor ‘n muur.”

    Sal God so ‘n man, so ‘n vrou, ook in jou vind? Sal jy gehoorsaam wees aan Sy roepstem?

    Nee, dis nie die werk van die predikante (herders) nie. Herders kry nie lammers nie, net skape. Herders se taak is om die skape so goed te voed (op te lei) dat hulle selfs twee-, drie- en vierlinge aanbring!

    Jy sal nie in jou eie krag optree nie. God sal jou  toerus met krag. Hy het dit met almal voor jou gedoen en Hy gaan dit weer met almal van ons doen.

    “Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare.” –  Mal. 4:6

      God soek ‘n MAN en ‘n VROU wat die muur van gebed sal bou  “wat gedurig die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie… en Hom nie met rus sal laat nie, tot Hy Jerusalem (Sy gemeente) bevestig en maak tot ‘n lofoffer op die aarde.” – Jes. 62:6,7, “want die HERE – Sy oë deurloop die aarde(hoekom?) om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is...” – 2 Kron. 16:9

            God soek na ‘n Man, ‘n Vrou. Is jy bereid om aan te meld?

Onthou jy die baksteen?

           Tik Eseg 4:1-2 op die boonste helfte van ‘n A4 vel. Plaas dit op ‘n strategiese plek in jou huis, soos jou studeerkamer met ‘n baksteen op die onderste helfte van die A4. Almal wat dit sien sal jou beslis daaroor uitvra, en dan getuig jy.

            Enige tyd van die dag of die nag en sovele kere soos wat jy gelei word, bid jy vir jou dorp, jou stad of jou voorstad.

    Geestelik in jou gebed bou jy skanse daarteen op om jou dorp of voorstad te beskerm. Geen onheil moet jou dorp of sy inwoners kan binnedring nie. Bou ook geestelike laers, kampe en stormramme... net soos wat jy gelei word.

            Elke dan en wan salf jy jou voorstad of dorp/stad deur een druppel olyfolie op die baksteen te drup.

            Soms wanneer jy en andersaam bid vir jou buurt of stad, ook Nagmaal daarmee saam gebruik. Bring ere aan die Messias omdat Hy vir jou hele buurt of stad gesterf het en eis die siele op vir die Koningkryk.

    Dit gaan oor die beskerming van jou dorp en sy mense. Jou hele gesin kan deelneem.

    Ons bevind ons in ‘n geestelike oorlog. Op ‘n sekere dorp in Suid-Afrika word dit met groot welslae uitgevoer, presies soos in Sag  4:6 “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.”

       Tydens ‘n beleëring was dit altyd vir die vyand ‘n uitdaging om die stad se water af te sny of te vergiftig.

       Hierdie betrokke dorp in SA het nie water nie, en as daar soms water is, is dit ondrinkbaar. Gelowiges het tien tenks by boorgate opgesit waar dorpenaars gratis water kan kry. Daar was ook  tydens die droogte weekliks 36 000 liter water aangery.

            As iemand sou sê die baksteen is dwaasheid, onthou net, dis ‘n Goddelike opdrag, so ook dat God jou soek om in die bres te staan vir jou dorp, jou stad, jou voorstad. 1 Kor 1:18;20;21;23;25;27

    Die nag is op ons, siele moet gered word, soos verdwaalde skape na die kraal aangekeer word.

    Gehoorsaam jou roeping.

            In Matt. 7:7 dring Jesus daarop aan dat ons moet klop en nogmaals klop, en voeg dan by: Vir elkeen wat klop sal (beslis) oopgemaak word. Dan verduidelik hy self: Die man en sy vrou en kinders slaap reeds, die deure is gegrendel, toe die vriend opdaag en aanklop en vra vir drie brode.

       Maar die man wil nie opstaan en sy vriend help nie. Dan sê Jesus: Alhoewel hy nie sal opstaan en help omdat dit sy vriend is wat aanklop nie, staan hy uiteindelik tog op en help vanweë die vriend se aanhoudende irriterende geklop. Met ander woorde, as mens ophou klop, word daar nie oopgemaak nie. Soms moet mens nogal lank klop, maar die belofte staan vas: As jy aanhou klop dan sal daar vir jou oopgemaak word!

En verder: As jy aanhou soek, sal jy beslis vind. Dit is duidelik dat GOD niks doen, en niks gebeur, as ons nie bid nie. GOD is die GOD van die oes, nogtans dring Hy in Matt. 9:38 daarop aan dat ons moet bid dat Hy arbeiders in die veld moet stuur. Die oes is syne en die arbeiders is tog syne. Hoekom sou Hy “hulpeloos” toekyk terwyl Hy wag dat ons bid dat Hy arbeiders in die oes moet instuur? Hoekom stuur hy arbeiders slegs uit in antwoord op ons gebed?

Waarom moet ek en jy, (hoegenaamd) bid?

As GOD  Almagtig is en enigiets kan doen volgens Sy wil, het Hy dan nog enigiets nodig van enigeen van Sy skepsels?

       Hy wat die heelal geskep het deur enkele woorde te spreek, en steeds alles in stand hou sonder dat Hy die mens benodig, waarom sou Hy ons nou nodig hê vir enigiets wat Hy teweeg wil bring?

       As Hy ons nie nodig gehad het om die heelal te skep nie, waarom het Hy gebed ingestel? Wanneer het Hy dan van ons “afhanklik” geword? Waarom kan Hy niks doen in die sfeer van menslike verlossing, behalwe deur menslike samewerking en dit deur gebed, geloof en dade nie?

       Hoe het GOD homself dan so in ‘n hoek toegeverf? As GOD in totaliteit selfgenoegsaam is – wanneer Hy deur bloot ‘n woord te spreek enige moontlike en onmoontlike ding tot stand kan laat kom – waarom gaan Hy dan nie voort, sonder die hulp van enigiemand se intelligensie of wil, of gebed, en tree arbitrêr op en spreek net die woord nie?

       Is GOD dan “hulpeloos” sonder die mens? Die misterie van gebed as instelling word opgeklaar in Eseg. 22: 30-31.

       In ‘n tyd van nasionale geloofsversaking, het GOD gesê: “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.”

       “Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van My grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HERE, HERE.”

       Hier sien mens duidelik dat GOD na rede soek om ‘n verdiende loon uit te oefen. Hyself verlang daarna om die volk te spaar, maar vreemd genoeg is Hy “magteloos” sonder menslike ingryping, sonder ‘n bemiddelaar. As niemand in die bres wil tree nie, kan Hy nie Sy oordele, Sy toorn, terughou nie.

       Maar waarom moet Hy van ons gebed “afhanklik” wees om die volk te verdedig teen Sy eie toorn? GOD is tog Almagtig en verhewe, soewerein in die heelal?

       Hy is tog die uiteindelik Regter, die Jurie, die Uitvoerende Mag, die Een wat gesag toepas. Of is Hy dalk nie?

       As Hy verlang om nie sy volk te oordeel nie, as Hy graag genade wil betoon, hoekom gebruik Hy nie Sy Almag en soewereiniteit nie, ten spyte selfs van wat ons mag bid of nie bid nie?

       Anders gestel: GOD se Wil is soewerein in alle dinge. As Hy wil dat siele gered word, dat herlewing moet uitbreek, dat Sy afgedwaalde volk na Hom moet terugkeer, hoekom gaan Hy nie net arbitrêr oor ons koppe en voer Sy Wil uit nie? Waarom het Hy ‘n stelsel daar geplaas wat Hom “afhanklik” maak van ons? Is dit nie ‘n verstommende misterie nie?

       GOD pleit by ons om te bid. Hy wil niks doen in die sfeer van menslike verlossing, sonder ons gebed en intersessie nie. Hy pleit nie net dat ons tussenbeide moet tree met gebed nie, Hy dring daarop aan, soebat ons eintlik.

       In Matt. 7:7 dring Hy daarop aan dat ons moet klop en nogmaals klop, en voeg dan by: Vir elkeen wat klop sal (beslis) oopgemaak word. Dan verduidelik hy self: Die man en sy vrou en kinders slaap reeds, die deure is gegrendel, toe die vriend opdaag en aanklop en vra vir drie brode.

       Maar die man wil nie opstaan en sy vriend help nie. Dan sê Jesus: Alhoewel hy nie sal opstaan en help omdat dit sy vriend is wat aanklop nie, staan hy uiteindelik tog op en help vanweë die vriend se aanhoudende irriterende geklop. Met ander woorde, as mens ophou klop, word daar nie oopgemaak nie. Soms moet mens nogal lank klop, maar die belofte staan vas: As jy aanhou klop dan sal daar vir jou oopgemaak word!

       En verder: As jy aanhou soek, sal jy beslis vind. Dit is duidelik dat GOD niks doen, en niks gebeur, as ons nie bid nie. GOD is die GOD van die oes, nogtans dring Hy in Matt. 9:38 daarop aan dat ons moet bid dat Hy arbeiders in die veld moet stuur. Die oes is syne en die arbeiders is tog syne. Hoekom sou Hy “hulpeloos” toekyk terwyl Hy wag dat ons bid dat Hy arbeiders in die oes moet instuur? Hoekom stuur hy arbeiders slegs uit in antwoord op ons gebed?

       Die fundamentele belangrikheid van hierdie instelling van gebed in GOD se Raadsplan, word verder beklemtoon daardeur dat GOD homself onomwonde verbind om te antwoord!

GOD se belofte om te antwoord is byna soos ‘n blanko tjek wat reeds Sy handtekening dra. Dis ‘n verbysterende gedagte, maar ‘n werklikheid. Dis of GOD Sy septer aan ons oorhandig het en by ons pleit om dit te gebruik.

Tyd is kosbaar en mag nie misbruik word nie. Tyd moet winsgewend aangewend word.

Op hierdie wyse kan die Gelowiges in SA alles wat negatief is, tot stilstand bring en tot verantwoordeding roep. – Wekroep