Saterdag 15 September 2018

Die lewenssee en ons optrede



'n Groep koloniste uit Nieu- Seeland het per geleentheid per skip na Engeland gereis om familie en vriende te besoek. By die laaste hawe, voordat hulle hul bestemming sou bereik, het hulle almal vir hul mense telegramme gestuur om te laat weet hoe laat hulle die volgende dag sou aankom.

Hulle boot vaar voorspoedig met die Kanaal op. Teen middag sak digte mis oor hulle toe. Die kaptein gooi anker.

Uur na uur lê die skip daar. Dr. W. F. Boreham was een van die passasiers. Gewoond daaraan dat sy ongeduld in 'n situasie botoon voer, soek hy die kaptein op en sê vir hom: "Kaptein, dit is darem 'n uiters tergende situasie. Ons het ons mense laat weet hoe laat ons aankom. Dit gaan darem vir hulle baie ongerieflik wees om soveel ure op die hawe op ons te wag."

Die kaptein antwoord: "Dr Boreham, u bevind u op 'n 10 000 ton lynboot. U wil hê ek moet in die mis vaar en die klein bootjies soos bruin papier voor my opfrommel. Nee, ons het ander om aan te dink!"

            Soms het ons in 'n situasie 'n meerdere gesag en ons kán óns wil en óns sin laat geld tot skade of ongerief van ander.

In so 'n geval verloën die Christen homself en dink aan die ander wat ook betrokke is. "Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.




Op 28 Mei 1914 vertrek die statige SS Empress uit die hawe van Quebec, Kanada op sy seevaart van 4 500km na Liverpool, Engeland. Daar was 1 057 passasiers aanboord, insluitende 171 senior lede van die Heilslëer op pa na ‘n internasionale geestelike konferensie in Engeland.

Die skip was 185m in lengte en 22m van bak- na stuurboord.

Toe die SS Empress sy vaart daardie middag 4:30nm begin het ‘n reuse orkes van die Heilslëer “God is met julle tot ons weer ontmoet, op die hoofdek gespeel. Die Empress sou ‘n groot deel van sy vaart op die St Lawrencerivier aflê omdat dit veiliger en vinniger is.

Die volgende nag sowat 1vm in digte mis bots die SS Torstad, ‘n steenkooldraer masimaal gelaai, teen die Empress en die Empress sink vinnig met ‘n lewensverlies van 1  012 aan passasiers en bemanning. Meeste het in hul kajuite verdrink.

 

Altesame 147 lede van die Heilslëer was weg, ook 138 kindertjies. Meer passasiers het op die Empress omgekom as op die Titanic. Op die Titanic het meer bemanningslede omgekom.

Die twee kapteins het met mekaar per radio gepraat. Hulle het ooreengekom dat hulle stuurboord by mekaar  verby sou beweeg met etlike kms spasie tussen hulle. Die Empress het teen slakkepas al teen die een kant van die rivier afgevaar.

Ons beskik oordie hele verhaal van die erge trauma in die donker nag, maar dis te lank om hier te herhaal.

Die kaptein van die Torstad is skuldig bevind. Hy het dwarsoor die 50km breë rivier beweeg en die Empress in sy stuurboord sy gestref en ontsettende skade aangerig. Die Empress het snel water ingeneem, sy enjinkamers oorstroom en was gou sonder krag of enige kommuniksiemiddel.

“Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander." Fil 2:3,4

            "Ons gee niemand enige aanstoot nie... in elke opsig laat ons, ons ken as diensknegte van God... deur die betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde..." 2 Kor 6. – Sjibbolet.buro@gmail.com