Woensdag 28 Maart 2018

Hy is lankmoedig, maar Hy kom beslis


Image result for 2 Pet 3:9-10.



Die storie is al vertel,maar ons herhaal dit om daarop te wys, dat die Koms van Jesus – wat nou volgens al die Eindtyd tekens baie naby is – nie onverwags sal wees om enige mens uit te vang of onverhoeds te betrap nie,
Luister: “Die HERE vertraag nie die belofte (van sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

“Maar die dag van die HERE sal kom soos 'n dief in die nag,..” 2 Pet 3:9-10.

As ons geweet het wanneer Hy kom, sou meeste tot op die laaste nippertjie gewag het... dis moes hoe ons is. Nou weet ons nie wanneer Hy kom nie sodat ons te alle tye in afwagting kan leef  en sodoende binne Sy wil sal wandel..

Die enigste oorlewende van ‘n skeepsramp het met enkele besittings op ‘n onbewoonde eiland uitgespoel. Hy het ernstig gebid dat God iemand moes stuur om hom te red. Elke dag het hy die horison gefynkam hopende op hulp. Daar was niks en dan het hy weer koorsagtig en vurig tot die HERE gebid op redding.

            Uitgeput het hy na ‘n paar dae opgegee en begin om vir hom ‘n hut as skuiling te bou. Daar was genoeg opdrifsels, boomtakke en blare om die hut te kon bou.

            Een middag laat nadat hy weer vir kos op die eiland gesoek het, kom hy by sy hut aan wat in vlamme staan en tot op die grond afbrand. Hy het nog erger gevoel. Vir hom was alles verlore. Hy was stomgeslaan. Hartseer en kwaad het hy tot God geroep: “HERE, hoe kon U so iets aan my doen?”

            Vroeg die volgende oggend word hy gewek deur ‘n mishoring van ‘n groot skip wat al nader na die eiland beweeg het. Nadat hy gered is wou hy weet: “Hoe het julle geweet ek is hier?”

            Sy redders het geantwoord: “Ons het gistermiddag laat jou rooksein op die horison gesien en besluit om hierlangs te vaar.”
            Dit is so maklik om mismoedig te word wanneer dinge verkeerd loop, maar mens moet nooit hoop verloor nie. God is aan die werk in ons lewens, selfs te midde van ons pyn en lyding. Hou moed, hou aan, beur steeds vorentoe. Jesus is vir seker op pad.

            Onthou, volgende keer as dit vir jou lyk jou hut brand af tot op die grond, dan is dit dalk ook net jou rooksein wat roep na die Genade van God!

“En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”  – Sjibbolet 

Luister: https://www.youtube.com/watch?v=zS6VxuyN448